James Byron Dean (1931-1983)
James Byron Dean
Johann de Lange
gekam, so, & die kuif so
effens vorentoe gepluk & laat vaar,
die fynste frons bokant daardie gebelgde
gevoelige kykers,
die voorkop waaragter ’n brein klop
& onthou & altyddeur verwyte versamel,
die oorskulp luisterend groot,
die meisiemooi mond & sterk kakebeen,
die kop effens gedraai sodat die nekspier
narcisties span, die seunsgladde borskas
deinend onder ’n rooi windbreaker
kyk hy: maar na wie? of wat? Sy ma
wat in ’n lugspieeling wink? Om so (na hom) te kyk, is om vinnig te leef,
bewus van die skedel wat in jou kreun.