Friday, November 29, 2013

What makes a man a man?

Charles Aznavour

Een van die mooiste kabaretliedere vir my is Charles Aznavour se "What makes a man a man?". 


Charles Aznavour - What makes a man a man


Dit vertel 'n bekende verhaal van eensaamheid & begeerte, van pyn & venyn. Dit is 'n verhaal waarmee menige gay mens kan identifiseer, verál diegene wat, soos ek, graag jag maak op heteroseksuele mans. Onvermydelik laat dit mens nadink oor presies wat manlikheid behels. Dit is geen eenvoudige kwessie nie.


What makes a man

Charles Aznavour

My mum and I we live alone 

A great apartment is our home 
In Fairhome Towers 
I have to keep me company 
Two dogs, a cat, a parakeet 
Some plants and flowers 
I help my mother with the chores 
I wash, she dries, I do the floors 
We work together 
I shop and cook and sow a bit 
Though mum does too I must admit 
I do it better 
At night I work in a strange bar 
Impersonating every star 
I'm quite deceiving 
The customers come in with doubt 
And wonder what I'm all about 
But leave believing 
I do a very special show 
Where I am nude from head to toe 
After stripteasing 
Each night the men look so surprised 
I change my sex before their eyes 
Tell me if you can 
What makes a man a man

At 3 o'clock or so I meet 

With friends to have a bite to eat 
And conversation 
We love to empty out our hearts 
With every subject from the arts 
To liberation 
We love to pull apart someone 
And spread some gossip just for fun 
Or start a rumour 
We let our hair down, so to speak 
And mock ourselves with tongue-in-cheek 
And inside humour 
So many times we have to pay 
For having fun and being gay 
It's not amusing 
There's always those that spoil our games 
By finding fault and calling names 
Always accusing 
They draw attention to themselves 
At the expense of someone else 
It's so confusing 
Yet they make fun of how I talk 
And imitate the way I walk 
Tell me if you can 
What makes a man a man

My masquerade comes to an end 

And I go home to bed again 
Alone and friendless 
I close my eyes, I think of him 
I fantasise what might have been 
My dreams are endless 
We love each other but it seems 
The love is only in my dreams 
It's so one sided 
But in this life I must confess 
The search for love and hapiness 
Is unrequited 
I ask myself what I have got 
Of what I am and what I'm not 
What have I given 
The answers come from those who make 
The rules that some of us must break 
Just to keep living 
I know my life is not a crime 
I'm just a victim of my time 
I stand defenceless 
Nobody has the right to be 
The judge of what is right for me 
Tell me if you can 
What make a man a man

Tell me if you can 

Tell me if you can 
Tell me if you can 
What makes a man a man

Marc Almond

Marc Almond het dit later opgeneem in 'n weergawe wat vir my beter is as dié van Aznavour, of dalk is dit regverdiger om te sê ánders. Almond se stem het 'n kwaliteit van bitter vermaak, & dan weer van patos, wat die woorde 'n ander kleur gee. 


Jacques Brel

Gedurende sy vormingsjare was figure soos die flambojante, talentvolle Marc Bolan (wat tragies op 29 dood is in 'n motorongeluk), & verál Jacques Brel belangrike invloede. 

Tydens sy solo loopbaan, ná die opbreek van Soft Cell, doen hy etlike van Brel se klassieke liedere. Hy doen ook later kollaborasies met o.a. Jimmy Somerville & Gene Pitney. 



Marc Bolan T-Rex - Hot Love

Almond ontmoed David Bell aan die Leeds Polytechnic & saam stig hulle die popsynth groep Soft Cell in 1979. Hulle debuteer met "Tainted love", 'n obskure Northern soul liedjie deur Gloria Jones, die sangeres met wie Marc Bolan 'n verhouding gehad het ten tye van sy dood, & wat trouens saam met hom in die motorongeluk was. Die beserings wat sy opgedoen het, het die einde van haar sangloopbaan beteken. Omdat sy & Bolan nie getroud was nie, kon sy & haar seun Rolan nie aanspraak maak op Bolan se fortuin nie, & haar lewenstyl het oornag van weelde na armoede verander. Dit is hier waar David Bowie ingetree het, & hulle finansiële steun gegee het tot hulle, na die dood van Bolan se wettige vrou, uiteindelik sy geld kon kry. Iets wat mens baie respek gee vir Bowie, & ook 'n idee van hoe hoog Bolan deur  die kunstenaars van sy tyd aangeslaan was.

"Tainted love" het die nuwe duo oornag beroemd gemaak & is ook een van die liedjies wat die langste op die Billboard Top 100 deurgebring het. Hulle het dit opgevolg met 9 Top 40 enkeltreffers & 4 Top 20 albums. Ek het elke langspeler wat hulle vrygestel het, gekoop & die soms heel dekadente lirieke bestudeer. Hulle het 4 albums vrygestel voordat hulle in 1984 opgebreek het: Non Stop Erotic Cabaret, Non Stop Ecstatic Dancing, The Art of Falling Apart, & This Last Night In Sodom. Gerugte oor Almond se uitdagende gedrag & eksesse het hom net nóg meer fassinerend vir my gemaak. 

Marc Almond - What makes a man a man

Marc Almond - Glorious
Bronski Beat & Marc Almond - I Feel Love
Marc Almond - Jacky
Marc Almond - Days of Pearly Spencer
Soft Cell - Tainted love (1991 Video)
Marc Almond - The Desperate Hours (Live at the Royal Albert Hall)
Marc Almond - Desperate hours
Soft Cell - L'Esqualita

Baie jare later maak Hennie Aucamp my daarop attent dat daar 'n uitstekende vertaling van die lied gemaak is deur J.D. Stemmet, & ek druk dit hieronder af, hopelik met mnr. Stemmet se goedkeuring.

Daar is 'n aantal plaaslike stemme wat ek dié lied graag sou wou hoor sing, party nie meer met ons nie. Ek dink Ralph (Johannes Kerkorrel) sou 'n lieflike weergawe kon maak. 


So sê die mense
Charles Aznavour

1

Ek woon saam met my ma
in ’n ou “apartement”
Rue Sarasate
Om tuis mee te verkeer
het ek ’n muis, ’n teddiebeer,
en ook twee katte
Dat ma ook meer kan gaan lê
hou ek die huis soos ek wil hê
en brei my truie
Droog af en pak weer weg
stof af en skuif weer reg
en kap die uie
Ek hou van dekoreer
skep gou ’n atmosfeer
ek’s ’n “styliste”
Maar my beroep is dit nou nie
ek is ’n travestie
ek’s ’n “artiste”
Ek doen ’n nommer spesiaal
en eindig, wel ja, kaal
in ’n striptease
En kyk ek weg na die gehoor
sien ek die manne raak getoor
dis dan ’n man, o! so sê die mense

2

Teen drie se kant vat ons die straat
gaan eet ons saam, en lag en praat
sonder komplekse
Ons waai ’n “kissy” vir die baas
die gaste hik en kyk verbaas
na dié soort sekse
Maar moenie dink ons vat dit koel
Ons sis en skimp t’rug op die boel
heteroseksuele
Verfyn gedompel in asyn
(van die verdoeselde venyn
het ons tog vele)
T’rug in die straat dwaal nog ’n paar
laat gaste rond, vermaak mekaar
met slap gebare
Dit swalk potsierlik sonder styl
Dit boots ons na en laat my kwyl
die lomp takhare
Die primadonnas en tenore gil
die pêlle klap en skree en jil
en swaai die pense
Om dié soort terug te kry?
Nee, liewer te vermy
Ek’s dan ’n man o! so sê die mense

3

En kom ek later by die huis
– en soos gewoonlik, dis my kruis –
is ek verlate
Ek trek my lange wimpers af
en sien ’n nar, hy’s saf en laf
na al die strate
En gaan ek lê, bly dink ek aan
die liefde waaroor alles gaan
so sonder vreugde
Die mooie jong man op ons vloer
hy’t my bekoor, my hart geroer
maar sonder vreugde
Hy ken my skaars, hy knik miskien
die af-en-toe as ek hom sien
ek bly verlate
My soet geheim bly kuis bewaar
nooit kan ek dit aan hom verklaar
Rue Sarasate
As iemand dan na my toe kyk
’n vinger wys of iets laat blyk
dan sê ek; “Mense,
Só is die natuur, wat kan ek meer
dis alles buite my beheer”
ek’s ’n man, o! so sê die mense

[Vertaal deur J.D. Stemmet]


Skakels:

Marc Almond - Wikipedia, the free encyclopedia 
Liza's At The Palace - What Makes a Man a Man?
Kabaret artistes interpreteer Marc Almond se "What makes a man a man".
Marc Almond - What Makes A Man A Man | Live Berlin Admiralspalast, 2010