Showing posts with label Denise Levertov. Show all posts
Showing posts with label Denise Levertov. Show all posts

Saturday, January 19, 2013

Denise Levertov - Die smagting van getroud wees


© Christopher Cart - Embrace 1


Die smagting van getroud wees
Denise Levertov

Die smagting van getroud wees:

dy en tong, beminde,
is swaar daarvan,
dit klop in die tande

Ons soek na kommunie
en word weggewys, beminde,
elkeen van ons

Dit is leviatan met ons
in sy pens
op soek na vreugde, ’n bietjie vreugde
wat onbekend is daarbuite

twee-twee in die ark van
die smagting daarvan.

[Vertaal deur Johann de Lange]

Monday, May 30, 2011

Denise Levertov – O proe en sien

Denise Levertov (1923 - 1997)

O proe en sien
Denise Levertov

Die wêreld is
nie genoeg mét ons nie
O proe en sien

het die Bybelplakkaat in die moltrein verkondig,
en bedoel God, en bedoel
indien enigiets áls wat lewend is
vir die tong van die verbeelding,

hartseer, genade, taal,
nartjie, die weer, om
hulle in te adem, te byt,
proe, kou, sluk, transformeer

in ons eie vlees ons
sterftes, die straat oor te steek, pruim, kweper,
te lewe in die boord en honger

te wees, en die vrug
te pluk.


[Vertaal deur Johann de Lange]