Charles Ducal
Forchta in bivonga*
Charles Ducal
Ek weet dat ek myself moet verwyder
om plek te maak vir die poësie,
maar telkens as die spieëlvlak verander
op die skerm sit elders ’n kopie
van my, vervul met jaloesie en haat,
om my ewe vrugteloos te imiteer.
Die suiwer liriek is altyd plagiaat,
alleen in jou eie lewe kan mens leer
om die woord te skei van die vlees
op só ’n wyse dat dit kan oorlewe,
nie soos ’n wond en nie alles wat genees,
maar soos ’n hand geopen na die hemel,
in bewing en in vrees.
* Oud-Nederlands vir 'Vrees en
bewing'.
[Vertaal
deur Johann de Lange]