Showing posts with label Jackson Pollock. Show all posts
Showing posts with label Jackson Pollock. Show all posts

Monday, May 30, 2011

Die huwelik van woord & beeld. 20. Jackson Pollock (Joan Hambidge)

Jackson Pollock, oftewel Jack the Dripper, in sySprings, NY ateljee.

Jack the Dripper
Joan Hambidge

   vir Sheila Cussons

Jy had die vermoë
om die lewe te ignoreer ontken
verken eerder die kontoere hoeke
van jou onderbewussyn    skiet dit oop en uit
in ’n dolle jazz op ’n groter-as-lewensgroot doek
bloedvate en senuwees van jou brein

Jy leef in hierdie doek
stap en werk (selfs jou skoene word vol verf)
drup-drup skiet dit uit    onverwags    die rustelose moedelose
Jack the Dripper
in verf wat boonop alles verder vergrys
die senustelsel snaarstyf moeg ontbloot.

In ’n Oldsmobile convertible (glo verruil vir 2 swart-en-wit Pollocks)
skiet teen muur
en dood
spat rooi teen die motorruit


Uit: Joan Hambidge. 1985. Hartskrif. Human & Rousseau: Kaapstad.

Wednesday, May 25, 2011

Die huwelik van woord & beeld. 14. Jackson Pollock

 Die verfbespatte vloer van Jackson Pollock se ateljee by die Pollock-Krasner Huis & Studiesentrum in East Hampton, NY, 7/21/2010. ( Michael P. Farrell / Times Union )


Jackson Pollock se skoene
Johann de Lange

jack the dripper se skoene
is vol spatsels verf
– hy trek anner aan
vir wanner hy verf –
van drup-
drup werfskaf óm
die doek verklap
sy skoene veel
(soos die voete
van ’n porno-ster)
hy skiller stryk-
deur groen of witter
seisoene, deur bitter
windsnerp deur elke
skreef & kier
van die skuur,
hande vuil, swart
onder sy vingernaels
wanner hy drink
skiller hy nie,
dan skel hy, smyt
sy pyn die stilte in
pigmente verhard
deur terpentyn
soos kaal voetsole
in winterskryn

Uit: Johann de Lange. 2009. Die algebra van nood. Human & Rousseau: Kaapstad.