Showing posts with label Paul Gauguin. Show all posts
Showing posts with label Paul Gauguin. Show all posts

Sunday, December 2, 2012

Lucas Malan - Nevermore


Lucas Malan (1946 - 2010)

Nevermore
Lucas Malan

Paul Gaugin, 1897

When we slept together
like twins entwined
by a webbed membrane
of sheets – we were one
in the blue place of dreaming
on soft pillows suffused
with a fiery rain of lilies outside
for we were still far removed
from treachery and deceit –

Like big smooth fruits, kindred
souls of the fleshy flowers pressed
onto canvas green as clover,
proof against decay we were sheltered
by swooning light and the drowsiness
of our sleepy domain – no word
could disturb it, neither man
nor the throb of pounding waves
came near us – we were sole.

Did we think, then, night after night
wet with sweat and milky
moisture – did we know the palms,
the orchid's maidenlip too
must wilt – did I understand
how lonely Hagar must have been
sleeping alone that first night of nights
on the wrathful pillow illuminated
with the lightning of envy and scorn?

(Translated by Johann de Lange)

Monday, October 1, 2012

Die huwelik van woord & beeld. 24. Paul Gauguin (Lucas Malan)

Paul Gauguin - Nevermore



Nevermore
Lucas Malan

Paul Gauguin, 1897

Toe ons geslaap het, saam,
soos ‘n tweeling verbind
deur die web van ‘n laken-
membraan toe was ons één
in die blou gebied van ‘n droom
op sagte kussings versink
met ‘n vlamreën van lelies
daar buite want ons was nog ver
van verraad en vergissing –

Soos groot gladde vrugte, verwant
aan die vlesige blomme gedruk
op klawergroen doeke, bestand
teen verderf was ons twee beskut
in beswymende lig en die loom
van ons dommeldomein – geen woord
kon dit verstoor nie, nóg ‘n mens
of die slag van grypende branders
was naby ons – ons wat enig was.

Het ons twee toe gedink, nagte lank
benat deur sweet en liggaamsvog
soos melk – het ons besef die palms,
ook die maagdelip van orgidee
moet tog verwelk – het ék geweet
hoe eensaam Hagar was toe sy
die eerste nag alleen moes slaap
op die toornige kussing deurstraal
met die weerlig van afguns en smaad?