Showing posts with label Gedig. Show all posts
Showing posts with label Gedig. Show all posts

Sunday, August 2, 2015

Johann de Lange - Verse vir T. T. Cloete

© Brenda Veldtman

KWATRYNE VIR T. T. CLOETE
In memoriam (1924 - 2015)


Egidius, waer bestu bleven?
Mi lanct na di, ghezelle mijn.
Du coors die doot, du liet mi tleven.

I
Die landskappe van sand & sneeu
kan soos mense omdraai & gaan lê,
rug aan rug, of na mekaar gekeer,
soms vir 'n oogwink, of byna 'n eeu.

II
Aardig, mens, om aan jou te moet dink roer-
loos op jou rug, oë nie langer gerig
op die uitdyende heelal nie: lens

& hersens nie langer liries aan’t dig.

III

Spoed jy verby kwasars, die Sewe Susters,
verby Orion se juwelekissie?
Op 'n tyd was jy God se troetelvissie,
nou nael jy lustig tussen sy ligusters.

IV

Die Vredesfortkoepel is ’n stil reuse plons:
‘n rooi lawaskild vir eons sissend in ‘n loog,
bergriwwe & rante, soos krale vir mastodons –
als lánk voor die dink van die digterlike oog.

*


PLAASMIDDAG, VREDESFORT DISTRIK


vir T. T. Cloete

Die namiddag loop voller, &,

afgemeet in jambes 
van die staanhorlosie, vol.
Die ver vaal heuwelriwwe drywe
bo die uitgewaste bekken.

Rooitong in die skadu

van ‘n lukwart lê die hond stertstil.
‘n Pietswind swiep verby & strooi
die sterredons van sade
& laat die plaasdam ligweg frons.



Sunday, September 29, 2013

Johann de Lange - Die lywe van woorde

Die Belvédère torso


Die lywe van woorde
Words are so erotic, they never tire of their coupling.
Stanley Kunitz

Vroeg reeds voor ek woorde gehad het vir dinge
het ek taal aan die lyf gevoel & in die monde van vreemdes.
Immer gereed is ek naskool deur onderwysers afgetos, 
ek het my warm kollekte in die palms van predikante gestort,
is afgesuig deur dokters & polisiemanne in uniform
in geparkeerde motors, & kapelane bedag daarop
om die Heilige Vlees te vang in ’n kondoom;
in skoolbadkamers, & later in saunas & storte by die gym,
het ek toegewyd aan sekere spiergroepe gewerk. 
Op Voortrekkerkampe, skoolkampe, & kerkkampe immer jags,
is ek geskommel onder brûe, onder sterlig & skade, 
onder bome, onder stukkende straatlampe 
& op verlate tennisbane snags (die telling altyd zero-stroop). 
Met die geur van sonneskyn & chloor is ek uitgehelp
onder die blou waters van openbare swembaddens 
plesierig die wit gedagtewolkies wat woordeloos wegdryf . . .

Prys openbare vervoer, & die steelse handgrepe aangeleer
agterin skoolbusse, of die beknopte toilette van oorvol skool-
vakansietreine, & prys spitsverkeer waar my mielie 
gerol is deur aantreklike, vreemde tongvalle op deurtog,
deur digters & arbeiders met growwe hande, 
& deur studente met sagte palms & beurse & baie tyd. 
Prys die behendige vingers van haarkappers,
van kantoorwerkers in hysbakke, oorvol parkades 
of roekeloos die dakke van wolkekrabbers.
Ek het my laat vang deur ooms in vrugteboorde, 
& nefies in plaasdamme, deur atlete, spiesgooiers 
& rugbyspelers in nagtelike koshuiskamers, 
in leë skoolsale & op laatnagpawiljoene.

Ek onthou stasietoilette met ou ooms 
& die sterk reuk van pis & Jeyes fluid,
& die twee str8 pelle lus vir mekaar 
maar ek moes middelman tussen hulle lê 
& hulle hande op mekaar se lywe hou & op my,
ek onthou die doofstom mechanic met ’n voël 
deur Michelangelo, wat altyd duim na bo beduie het 
as hy reg is om te kom, & die bukserige vlieënier 
met die bierblikdik piel (goddank ’n bottom) 
wat ek op die lugmagbasis se landingstrook genaai het, 
& al die kreatiewe sessies foonseks Sondagoggende
met ’n lugmagkaptein alleen aan diens in die vlugtoring;
al die soldate op tjie-tjie-enkelbeddens in weermagbarakke,
of op die koel gras tussen die nagbome van die Uniegebou. 
Ek onthou die onderwyser wat Saterdagoggende klokslag 
gekom het vir ’n pak slae met sy eie rottang, 
die rooi riwwe op sy boude, die afdrukke van my hand.

My riem is geruk by tallose piskrippe deur koorsige hande
van alle kleure, oriëntasies, oortuigings & verál tegnieke
terwyl ek kennis geneem het van die wit hiërogliewe & simbole
wat ons vryhand geskryf het teen aluminium & porselein
& wat weggespoel is totdat net herinnerings oorgebly het. 
Op Vadersdag is ek in die begraafplaas afgesuig
deur ’n blommeverkoper, met ’n bos blomme in my hand
want ek kon nie my pa se graf opspoor nie. 
In die winter het ek snags langs die Liesbeek 
studente met koue hande weggehelp, gefrustreer
na ’n date met ’n meisie wat haarself wil spaar,
skaam oor hulle nood, & wat soms saam is huis toe 
waar ons met hande oorkruis mekaar uitgehelp het
terwyl ons lê & porno kyk –

& soms, net soms, was daar epifaniese oomblikke
wat gekom het deur ’n gloriegat,
waar ’n spoeggladde palm, of ’n warm mond, 
of ’n tong die onsegbare gesê kon kry 
in die vlesige samekoms van ’n driftong.

(c) Johann de Lange

Wednesday, July 24, 2013

Johann de Lange - Fetish



Die voet in jou mond
kon geskilder gewees het
deur Caravaggio
of El Greco –
die voet van ’n heilige
of gekruisigde,
elke skrander toon
& sening lenig-
end, die vel
’n perkamentgeel.
Die voetbrug rus
in ’n harige oksel,
’n wynrooi tepel op-
geprik. Jou kop
is agteroor ge-
gooi in adorasie,
jou oë versluier
met ’n apokriewe begeerte,
litanie van ’n honger
wat soos skadu arm-
holte, voet & mond verteer.


(c) Johann de Lange, 2012/2013

Thursday, January 31, 2013

Johann de Lange - Dink & dank



Dink & dank

Iewers ontspring dink & dank
aan dieselfde bron & klank.

Sy dit die pasgeslagte offerrook
wat óp-adem na die Son,

of bo die kim die yl rokie
van die San wat na die sterre klim,

of die sakramente wat ons drink:
seën gaan uit na alle syn, hoe nietig ookal,

& heilig álles wat klip is of vlesig of groen,
naby of ver, bont, of sondronk & bruin,

elke vorm denkbaar waar ook Al dink
is dankbaar deel van dieselfde Brein.


(c) Johann de Lange