Showing posts with label Ekfrasis. Show all posts
Showing posts with label Ekfrasis. Show all posts

Saturday, August 24, 2013

Johann de Lange - Perspektief: Balkon van die skrywer

Eugene Terre'blanche met sy perd Foto: Antonia Steyn

Perspektief: Balkon van die skrywer

na ‘n gedig van Johan van Wyk

Toegewikkel in ’n laken van wit wolsatyn
leun ons kaalbas oor die balkon & kyk
na die berede optog (geen oopdakmotor)
EUGÈNE TERRE'BLANCHE VOLKSMAN DIGTER
van Kerkplein op in Paul Kruger.
Perdeskoene stommel op die teer.
Onder die breë boude & blink pronksterte
stoom warm bolle mis.
Op sy swart perd, in swart hemp, kakiebroek & -hoed,
saai die leier se stem tussen die geboue terreur,
sy agterryers in kakieklere met sweetvlekke,
oop nekke, baarde, ferm boude in die saal.
Die vangtou van ’n lens bring hom
aarde toe, op die harde teer.

Die aand ná sy pangamoord
(sy lyk onteer in ’n troostelose kamer: die lappie roes-
rooi skaamhare sigbaar deur die oop ritssluiter)
word hy op televisie vereer
met ’n kortbegrip van beelde & ’n uitspraak:
hy sal verál ook onthou word as ’n gevalle ruiter.



Thursday, August 1, 2013

Die huwelik van woord & beeld. 26. Die voyeur (Johan van Wyk)

Francis Bacon - Studie vir 'n portret van Van Gogh, 1957

Die voyeur
Johan van Wyk

I've got nothing to say about the
human condition ‑ Francis Bacon

’n verskrikte Van Gogh
in die pad en die kwasstrepe
loop dwarsdeur hom
met sy hoed wat skaduwees maak
oor sy gesig verwilder geraam
tussen kaal bome en die hondsdoltande van sy skedel
knor

dit is ’n obsessie met die lewe
’n perverte spioenasie op die private
knor
in die visier
van die sleutelgat
’n ou hond in ’n hok
verwilder blootgestel
draf met sye skurend
teen die onsigbare draad

Wednesday, July 24, 2013

Johann de Lange - Fetish



Die voet in jou mond
kon geskilder gewees het
deur Caravaggio
of El Greco –
die voet van ’n heilige
of gekruisigde,
elke skrander toon
& sening lenig-
end, die vel
’n perkamentgeel.
Die voetbrug rus
in ’n harige oksel,
’n wynrooi tepel op-
geprik. Jou kop
is agteroor ge-
gooi in adorasie,
jou oë versluier
met ’n apokriewe begeerte,
litanie van ’n honger
wat soos skadu arm-
holte, voet & mond verteer.


(c) Johann de Lange, 2012/2013

Saturday, January 12, 2013

Ekfrasis



Hieronymus Bosch

Hieronder is 'n lys van ekfrastiese verse wat deur die webblad Skoppensboer begin is, & wat ek verder bygewerk het. Sommige inskrywings het weggeval omdat hulle nie strenggesproke aan die vereistes van die ekfrastiese gedig (gedig gebaseer op 'n ander visuele kunswerk) voldoen het nie, maar heelwat het bygekom.

Ek wil digters & lesers wat van verse weet wat nie op hierdie lys is nie vra om sulke verse asseblief onder my aandag te bring. Veral bundels wat die afgelope jare verskyn het, moet ek nog deurwerk. Die inligting wat verstrek moet word is:

1. Bundel waaruit die gedig kom
2. Uitgewer & jaar van publikasie
3. Gedigtitel & bladsynommer
4. Kunswerk waarop die gedig gebaseer is

Stuur asseblief julle inligting aan johnnypanic666@openweb.co.za.

Dankbaar by voorbaat,

Johann de Lange

Kyk hier na die huidige lys, & hou julle oë oop vir 'n blog oor ekfrastiese gedigte met teorie & geskiedenis van die vorm, sowel as treffende voorbeelde.

Kaapse Paragrawe. Ekfrasis, oftewel 'Die Beeldgedig in Afrikaans'

Thursday, October 11, 2012

Sheila Cussons oor die verhouding tussen skryf & skilder in haar werk

Die jong Sheila Cussons


1. Aangesien ek 'n kunstenaar is, is die beeldende kunste vir my baie belangrik. Veral wanneer ek werk is ek die kuns. Ek is die tekening of skildery of die gedig waarmee ek besig is. Slegs wanneer die werk afgehandel is, kry die gedig/tekening/skildery 'n eie lewe, 'n eie individualiteit asof dit vanself ontstaan het, sonder my. Die hele skeppingsproses en die voltooide werk is 'n misterie.

2. Die verbintenis tussen my visuele werk en die digkuns is baie intiem, asof die twee eintlik een uitingsvorm in een gestalte is, met nóu die klem op klank en dán op sigbare beeld.

3. Daar sal wel 'n "osmose" wees tussen my kunstenaarskap en my digterskap. Die twee kunsvorms werk in op mekaar. Iets wat ek geteken of geskilder het word een of ander tyd weer vergestalt in woordvorm, of anders om.

4. Daar is te veel kunstenaars wat ek bewonder het om hier op te noem, van middeleeus, Renaissancisties en modern maar ek self meen dat my werk, hetsy poësie, hetsy teken- en skilderkuns weinig beïnvloeding toon. Ek het altyd te veel my eie sê gehad om te sê.

Januarie 2002

James Wright: Twee kunsgedigte

Michelangelo - Pietá (Opera del Duomo)


Die laaste Pieta, in Florensië
James Wright

Die hele stad
is steen, selfs
waar steen
nie hoort nie.
Waarom is daardie ou
man se openbare gesig
bedroef,
heimlik effens
effens bo en
effens terug van 
wat daardie steen is

***

Rafael - Die ekstase van Sint Cecilia



Bologna: ’n Gedig oor goud
James Wright

Gee my hierdie keer, my eerste en ernstige
Italiaans, ’n gedig oor goud,
in die linkerkantste hoeke van oë, en die swaar
nag van die treine wat my hierheen gebring het,
en die swaar wyn in die ou groen lyf,
die glas waaruit sovele gedrink het.
Ek het my bottel saamgevat huis toe elke dag
na die koel grot, en na vore gekom
verguld op die linkerkantste hoek
van ’n katedraal se vleuel:

wit wyn van Bologna,
en die wyse goue skadu’s
in die linkerkantste hoeke van Maria Magdalena se oë,
terwyl Sint Cecilia staan
en grimlag in die middel van ’n kaal muur,
die heilige wat haar simpel pype laat verlep,
en haarself
adoreer, terwyl die nederigste en rykste van alle vroue se oë
my aanskou, met ’n wyse simpatie, haar liefde
vir die goue lyf van die aarde, sy ken my,
haar ligkrans effens skeef,
en geen wanhoop in haar goud
wat trone af trek ondertoe 
en hulle dan laat betaal daarvoor nie.

O,
sy mag jammer lyk vir Cecilia
en
vir die regterkantste heilige op die boom,
maar
sy lyk nie jammer vir Rafael nie,
en
ek wed jou sy het nie jammer gelyk vir Jesus nie,
en
sy lyk nie jammer vir my nie.
(Wie sou?)
Sy lyk nie jammer vir my nie.

Sy lyk alleen maar soos die swaar diep goud
wat trone af trek ondertoe
heeldag lank aan die wynstok.
Maria in Bologna, sonlig wat ek versamel het die hele oggend lank
en saamgebal het in my hande die hele middag lank
en gedrink het heeldag lank met my goud-borstige

beminde in my arms.


[Vertaal deur Johann de Lange]

Thursday, October 4, 2012

Die huwelik van woord & beeld. 25. Die kermis (Johan van Wyk)

Henry Koerner - Mirror of life



Die Kermis
Johan van Wyk

Na ‘n skildery van Henri Koerner, Vanity Fair

Ouma en oupa sit op die stoep.
Grashalms spruit skeenhoogte uit die perk.
By die bruggie oor die kanaal vang seuntjies
paddas met kwikbene
soos meisietjies s’n, die mallemeule groei
uit die berg. Vrouens pas rokke aan vir die begrafnis.
Wat is dit wat die oë tranerig maak?
Wat het jy gesien my man, kom terug na jou glasie,
jou sigaret en jou kaarte,
kom terug na my bed
waarbo die skildery met sneeuberge hang.

[Uit: Heldedade kom nie dikwels voor nie, 1978]

Monday, October 1, 2012

Die huwelik van woord & beeld. 24. Paul Gauguin (Lucas Malan)

Paul Gauguin - Nevermore



Nevermore
Lucas Malan

Paul Gauguin, 1897

Toe ons geslaap het, saam,
soos ‘n tweeling verbind
deur die web van ‘n laken-
membraan toe was ons één
in die blou gebied van ‘n droom
op sagte kussings versink
met ‘n vlamreën van lelies
daar buite want ons was nog ver
van verraad en vergissing –

Soos groot gladde vrugte, verwant
aan die vlesige blomme gedruk
op klawergroen doeke, bestand
teen verderf was ons twee beskut
in beswymende lig en die loom
van ons dommeldomein – geen woord
kon dit verstoor nie, nóg ‘n mens
of die slag van grypende branders
was naby ons – ons wat enig was.

Het ons twee toe gedink, nagte lank
benat deur sweet en liggaamsvog
soos melk – het ons besef die palms,
ook die maagdelip van orgidee
moet tog verwelk – het ék geweet
hoe eensaam Hagar was toe sy
die eerste nag alleen moes slaap
op die toornige kussing deurstraal
met die weerlig van afguns en smaad?

Wednesday, September 12, 2012

Ekfrasis, oftewel 'Die Beeldgedig in Afrikaans'




EKFRASIS: DIE BEELDGEDIG IN AFRIKAANS

Hierdie indeks het sy oorsprong gehad op die Skoppensboer webblad wat sedertdien gestaak is. Die indeks lewer oorvloedig bewys dat die wisselwerking tussen gedig & visuele kunswerk in die Afrikaanse digkuns ’n goed gevestigde tradisie is, & is so nuttig dat ek besluit het om dit by te werk & op datum te hou sover ek kan met die verskyning van nuwe werk. 

My dank & erkenning gaan uit aan die pionierswerk van die Skoppensboer-medewerker(s). Lesers, skrywers & kunstenaars is welkom om hulle ontdekkings aan te stuur na johnnypanic666@gmail.com. Uiteindelik sou ek 'n skakel na die betrokke kunswerk by elke gediginskrywing te plaas sodat lesers die plesier kan hê om die teks sowel as die kunswerk naas mekaar te kan plaas & ervaar. Notas rondom die verskynsel van ekfrases sal ook mettertyd bygevoeg word. Ekfrases is 'n eeue-oue verskynsel waaroor figure soos Plato, Aristoteles & Sokrates onder meer reeds geskryf het & die teoretiese grondslag voor gelê het.

Aucamp, Hennie. 2002. Hittegolf: wulpse sonnette met ‘n nawoord. Kaapstad: Homeros. 43 gedigte.
p. 9 Die beeldhouer en sy Muse (by ‘n tekening van Auguste Rodin)
p. 12 John Singer Sargent (1856-1925)
p. 13 By ‘n portret van Walt Whitman deur Thomas Eakins
p. 15 Sint Sebastian (1934) (by ‘n skildery van Alfred Courmes)
p. 16 Sickert en die Music Hall (Walter Sickert)
p. 19 Die matesis van verleiding (ingegee deur die rolprent Sade)
p. 21 Jean Cocteau
p. 23 Die Muse Pyn
p. 26 Die groot masturbeerder (Salvador Dali)
p. 28 Caravaggio (1571-1610) (Michelangelo Merisi da Caravaggio)
p. 31 Pasolini (1922-1975) (Pier Paolo Pasolini)
p. 33 Geveg van die Sentoure (by ‘n skildery van Arnold Böcklin)
p. 36 Blonde Venus (1901-1992) (na ‘n foto van Marlene Dietrich)
p. 41 Manslag (na ‘n plakkaat van ‘n uitstalling van Evan Oberholster)
p. 44 As engele vlug (by ‘n kunswerk van Diane Victor)
p. 45 Artemisia Gentileschi (1593?-1652)
p. 46 Lykskouing (by ‘n foto van Mathew Brady, Bravo en Wegee)

Bartman, Thérèse. 2010. In: Stander, Marie (Red.). Onse mense. Kaapstad: CTP Boekdrukkers.58pp.
p. 34 borsspeld (na ‘n kunswerk van Marie Stander)

Bezuidenhout, Zandra. 2007. In: Peté, Marí (Red.). look at me. (Women for children Catalogue). Durban: Art for Humanity.160pp.
p. 56 Kind wat droom (na ‘n kunswerk van Este Macleod)

Bezuidenhout, Zandra. 2008. Stilet, Vol. XX, No. 1. Maart.
p. 264 Intiem (2) (Marlene Dumas)

Bezuidenhout, Zandra. 2010. In: Stander, Marie (Red.). Onse mense. Kaapstad: CTP Boekdrukkers.58pp.
p. 16 Teen die seerte (na ‘n kunswerk van Marie Stander)

Blomerus, Marié. 1985. Ithaka. Johannesburg: Perskor. 48pp.
p. 24 Foto van my moeder 1929 (na ‘n foto)

Blum, Peter. 1955. Steenbok tot poolsee. Kaapstad: Tafelberg.
p. 39 Die roeping van Mattheus: (Michelangelo Merisi da Caravaggio)
pp. 40-1 Boeregesin met binnehuis (Louis le Nain)
pp. 78-79 Skilder my die Paradys so (Vlaamse primitief)

Boerneef. 1977. Versamelde poësie. Tafelberg.
p. 93 Vir Cecil Higgs
p. 150 Pranas het ‘n Krolandskap gefantaseer (Pranas Domsaitis)
p. 186 Sononder en die lug is pranasgeel (Pranas Domsaitis)

Bosman, P. J. 1992. Ryp geel kring. Pretoria: HAUM-Literêr. 57pp.
p. 31 Skilderye

Botes, D. P. M. 1965. Wat is ‘n gewone man. Johannesburg: Afrikaanse Pers-boekhandel. 62pp.
p.10 francis picabia

Calitz, Elise. 1996. Argeloos. Stilbaai. 55pp.
p. 51 Rubens (Peter Paul Rubens)
p. 52 Selfportrette Stedelike Museum

Castelyn, Eveleen. 1978. Tussen hemel en aarde. Kaapstad: Human & Rousseau. 63pp.
p. 39 Miss Fairfax en die harlekyn (’Miss Eve Fairfax’ van Auguste Rodin & Pablo Picasso se ‘Harlekyn’)

Castelyn, Eveleen. 1990. Minder as die engele. Kaapstad: Human & Rousseau. 72pp.
p. 52 Kinderkuns (vergelyk Ina Rousseau se vers ”Die beginner” & Carol Clark se ”Kinderkuns”)

Cilliers, Rika. 1996. Spirakel. Kaapstad: Tafelberg. 87pp.
pp. 57- 58 Herkenning (na die skildery “Rage, rage against the dying of the light” (1990) deur Bertie du Plessis)

Clark, Carol. 1994. Tjienkerientjee se oog is swart. Kaapstad: Tafelberg. 60pp.
p. 43 Kinderkuns (vergelyk Ina Rousseau se “Die beginner” & Eveleen Castelyn se “Kinderkuns”)

Cloete, Rika. 2002 eensaamigheid. Stellenbosch: Suider Kollege Uitgewers. 61pp.
p. 14 sint teresa in ex stasis (na Gian Lorenzo Bernini se standbeeld “Die ekstase van St. Theresa”)
p. 22 la piseusse (na ‘n skildery van Pablo Picasso)

Cloete, T.T. 1980. Angelliera. Kaapstad: Tafelberg. 80pp.
pp. 22-23 Marilyn Monroe foto in blou (na ‘n foto van Milton H. Greene)

Cloete, T.T. 1982. Jukstaposisie. Kaapstad: Tafelberg. 117pp.
p. 74 Puberfoto (na ‘n foto van die digter se dogter)

Cloete, T.T. 1985. Allotroop. Kaapstad: Tafelberg. 139pp.
p. 80 gehuldig in klip

Cloete, T.T. 1986. Idiolek. Kaapstad: Tafelberg. 136pp.
p. 16 Artefaktereël (Henry Moore, Maggie Laubser, Georges Rouault)
p. 40 Olympia word wakker (na ‘n advertensiefoto)
p. 51 I Silhoeët van Beatrice (na ‘n foto)
p. 52 II mooi marilyn monroe foto in rooi (na ‘n foto van Tom Kelley)

Cloete, T.T. 1989. Driepas. Kaapstad: Tafelberg. 191pp.
p. 38 1. Vroue van Vermeer (Johannes Vermeer)
p. 39 3. griekse beelde louvre
p. 54 8. Graffiti Biedouwvallei
p. 111 Foto Boerevegters
p. 128 Ou man van Van Gogh (Vincent van Gogh)

Cloete, T.T. 1992. Met die aarde praat. Kaapstad: Tafelberg. 99pp.
p. 27 bidwell-spook

Cloete, T.T. 1998. Uit die hoek van my oog. Kaapstad: Tafelberg. 88pp.
p. 31 olmec-god
p. 33 johanna van arkel bedien nagmaal
p. 34 Michelangelo: Geboorte van Adam (Michelangelo di Lodovico Buonarroti Simoni)
p. 57 skipper op ierse rivier
p. 73 rembrandt (Rembrandt Harmenszoon van Rijn)
p. 74 michelangelo, selfportret sixtynse kapel (Michelangelo di Lodovico Buonarroti Simoni)

Cloete, T.T. 2007. Heilige nuuskierigheid. Kaapstad: Tafelberg. 144pp.
p. 16 Dali (Salvador Dali)
p. 37 foto van ’n pelikaan wat bad in sonlig (na ’n brief van Cordelia Ramsay)
p. 42-43 kins kyk tv-tekenprent   The Multiverse
p. 44-45 kins kyk tv-tekenprent   Top Cat
p. 102-103 gesprek met Walter Battis

Cussons, Sheila. 1970. Plektrum. Kaapstad: Tafelberg.
p. 2 Tuin (n.a.v. die werk van Henri Rousseau)
p. 6 Twee winterakwarelle van Amsterdam
p. 9 Japanse skildery op sy
p. 10 Middeleeuse wandtapyt
p. 16 By ‘n landskap van Hercules Seghers
p. 25-26 Die etser (Hercules Seghers)
p. 31-32 jackson pollock

Cussons, Sheila. 1978. Die swart kombuis. Kaapstad: Tafelberg.
p. 34 Hercules Seghers by ‘De breede rivier’
p. 44 Dood van Seghers (Hercules Seghers)
p. 45 Portret van M.E.R. (na ‘n foto?)
p. 55 Erfenis (Albrecht Dürer)
p. 59 Stillewe
p. 61 Seun wat teken

Cussons, Sheila. 1978. Verf en vlam. Kaapstad: Tafelberg.
p. 2 Maria-beeldjie
p. 5 ‘Hulle was al aan tafel maar nooi’ (Honoré Daumier)
p. 7 ‘Dat daar so veel van vuur en vlam en rook’ (Vincent van Gogh)
p. 15 Grens (Honoré Daumier)
p. 18 Die meester (Leonardo da Vinci)
p. 19 En verder (Leonardo da Vinci)
p. 33 Toskane 3. Verf en vlam (Michelangelo di Lodovico Buonarroti Simoni)

Cussons, Sheila. 1979. Die skitterende wond. Kaapstad: Tafelberg.
p. 63 Winterateljee
p. 65 Voor twee antieke vrugbaarheidsbeeldjies

Cussons, Sheila. 1979. Die sagte sprong. Kaapstad: Tafelberg.
p. 20 Period piece
p. 22 Die Miró-mannetjie (Joan Miró)
p. 48 Die brons Poseidon (na ‘n bronsbeeld, 3 B.C)

Cussons, Sheila. 1980. Die somerjood. Kaapstad: Tafelberg.
p. 10 Cuadro Negro  (Francisco Goya)
p. 11 Monnik met skedel, Spaanse skool (Diego Velásquez)
p. 15 Pieter Paul in die paradys (Pieter Paul Rubens)
p. 25 Vetkrytkrabbel

Cussons, Sheila. 1981. Die woedende brood. Kaapstad: Tafelberg.
p. 4 Harry Rozema
p. 20 Jacques Gans

Cussons, Sheila. 1983. Verwikkelde lyn. Kaapstad: Tafelberg.
p. 3 Iraanse vrou met geweer (na ‘n foto)
p. 4 Die werktuig (Ella Macleod)
p. 13 Man met snor (Salvador Dali)
p. 17 Verwikkelde lyn (na die omslaglyntekening deur die digter)

Cussons, Sheila. 1990. Die knetterende woord. Kaapstad: Tafelberg.
p. 21 Sketsboektekening - ‘45

De Lange, Johann. 1982. Akwarelle van die dors. Kaapstad: Human & Rousseau. 57pp.
p. 27 Dye (na ‘n wasbeeld van Chris van der Walt)
p. 45 Marilyn Monroe onderweg (na ‘n advertensiefoto)
p. 46 Olympia (na ‘n skildery van Eduard Manet)

De Lange, Johann. 1984. Waterwoestyn. Kaapstad: Human & Rousseau. 60pp.
p. 29 Die aartapeleters (na ‘n skildery deur Vincent van Gogh)

De Lange, Johann. 1986. Snel grys fantoom. Kaapstad: Human & Rousseau. 63pp.
p. 55 Die wanner (na ‘n swart-&-wit afdruk van Jean-François Millet)
p. 56 Studie van ‘n portret van ‘n man (na ‘n die skildery van Francis Bacon)
p. 60 Dood van James Dean (1931-1983) (na ‘n foto)

De Lange, Johann. 1990. Wordende naak. Pretoria: HAUM-Literêr. 80pp.
p. 1-2 Wordende naak I (na ‘n foto)
p. 3 Wordende naak II (na ‘n foto)
p. 4 Skerpskutters (na ‘n foto)

De Lange, Johann. 1991. Nagsweet. Emmarentia: Taurus. 93pp.
p. 20 Calvin Klein (na ‘n foto)
p. 77 Twee matrose wat pis (Na ‘n akwarel van Charles Demuth)

De Lange, Johann. 1993. Vleiswond. Kaapstad: Human & Rousseau. 92pp.
p. 53 Robert Mapplethorpe (na ‘n foto)
p. 55 Saaiman met son wat sak (na ‘n skildery van Vincent van Gogh)

De Lange, Johann. 1995. Wat sag is vergaan. Kaapstad: Human & Rousseau. 68pp.
p.27 Dakskildery (Michelangelo di Lodovico Buonarroti Simoni)

De Lange, Johann. 2009. Die algebra van nood. Kaapstad: Human & Rousseau
p. 65 Papaja-eter (na ’n skildery van Douglas Simonson)
p. 66 Jackson Pollock se skoene
p. 67 Rembrandt (Rembrandt Harmenszoon van Rijn)
p. 80 Twee naakfigure onder ’n kokerboom (na ’n foto)
p. 122 Pa (na ’n foto)

De Villiers, I. L. 2005. Jerusalem tot Johannesburg. Kaapstad: Tafelberg.
p. 68 Jesus-afdruk (El Greco)

De Villiers, I. L. 2008. Vervreemdeling. Kaapstad: Tafelberg.
p. 31 Rafael se Madonna en Johannes die Doper
pp. 11-12 Portret van Groothoofman Sittende Bul (na ’n foto)

Esterhuizen, Louis. 1986. Stilstuipe. Kaapstad: Human & Rousseau. 54pp.
pp. 45-9 Verse vanaf die ligpalet: vir Christo Coetzee
p. 45 (Lady of Silences)
p. 46 (Halfbeeld)
p. 47 (Vortex)
p. 48 (Ophelia)
p. 49 (Somervaandel)

Esterhuizen, Louis. 1997. Patzers. Kaapstad: Human & Rousseau. 80pp.
p. 42 Poncelet (Matthew Poncelet in Dead Man Walking)

Gouws, Tom. 1995. troglodiet. Kaapstad: Human & Rousseau. 72pp.
p. 46 1.sonarfoto
p. 49 marilyn monroe foto in grou (na ‘n foto)

Gouws, Tom. 2010. Ligloop, Human & Rousseau. 96pp.
p. 7 oorsprong                                            
p. 8. 1.   blik op delft                                                                                    
p. 9. 2.   greens were fugatives                                                                      
p. 10. 1.   die kantklosser                                                                              
p. 11. 2.    ars poetica                                                                                    
p. 12. 1.   manne van vermeer                                                                         
p. 13 2.   naskrif                                                                                                       
p. 14 vrou in blou met brief                                                                            
p. 15 camera obscura                                                                                   
p. 16 vrou met ‘n pêreloorring                                                                                      
p. 17 skildery van brieflesende vrou en lakei                                                    
p. 18 die geograaf                                                                                         
p. 19 die dag is blou soos delft                                                                      
p. 20 die astronoom                                                                                      
p. 21 1. oënskoulik meisie met rooi hoed                                                         
p. 22 2. oënskoulik onbenullige detail                                                             
p. 23 the mind is larger than the largest sphere                                               
p. 24 st. praxedis                                                                                         
p. 25 die kantklosser II                                                                                  
p. 26 vrou wat pêrels weeg                                                                             
p. 27 die melkmeisie                                                                                    
p. 28 vermeer was sy hande                                                                           
p. 29 inventaris
p. 30 besoek aan die graf      

Hambidge, Joan. 1985. Hartskrif. Kaapstad, Human & Rousseau. 54pp.
pp. 16-7 Marilyn Monroe: Foto in rou (na ‘n foto)
p. 14 James Dean: foto in blou (na ‘n foto)
p. 15 Natassja Kinski en die serpent (na ‘n foto)
p. 18 Greta Garbo
p. 19 YSL (Yves Saint Laurent)
p. 20 Jack the Dripper (Jackson Pollock)
p. 21 Andy Warhol
p. 22 Vincent (Vincent van Gogh)
p. 23 David Hockney
p. 24 Francis Bacon

Hambidge, Joan. 1986. Bitterlemoene. Kaapstad: Human & Rousseau. 63pp.
p. 14 Over the rainbow (na die gelyknamige rolprent)
p. 15 Gulliver (na ‘n advertensie-foto van Calvin Klein)
p. 21 Venus by haar spieël (na ‘n skildery van Diego Velásquez)
p. 37 Madam Rochas (na ‘n Franse advertensie-foto)
p. 54 Gertrude Stein (na die skildery van Pablo Picasso)

Hambidge, Joan. 1988. Geslote baan. Kaapstad: Tafelberg. 67pp.
p. 54 By Mondriaan (Pieter Mondriaan)

Hambidge, Joan. 1990. Tachycardia. Kenwyn: Juta. 47pp.
p. 37 Andy Warhol op uitstalling

Hambidge, Joan. 1990. Verdraaide raaisels. Kaapstad: Human & Rousseau. 95pp.
p. 76 Foto (na ‘n foto van Machu Picchu, deur die digter)

Hambidge, Joan. 1997. Ewebeeld. Midrand: Perskor. 98pp.
p. 96 Brieflesende vrou: (Johannes Vermeer)
p. 63 Beloning uitgeloof (na ‘n plakkaat van verlore kind)

Hugo, Daniel. 1987. Vuurdoring. HAUM-Literêr, Pretoria.
p. 17 Twee skilders I: Frans Claerhout
p. 17 Twee skilders II: Travers Brown

Johl, Johann. 1990. Gewalste woord. Kaapstad: Tafelberg. 84pp.
p. 78 Kraaimars (Vincent van Gogh)

Johl, Johann. 1994. Roulet. Kaapstad: Tafelberg.
p. 63 Walentin Serof: Meisie met Perskes (1887) (na ‘n skildery in die Tretjakof-museum)
p. 76 Vrou met tjello en jakkalse (Andrzej Busza)
p. 102 Profiel (van LT. E.F. Awgoestof)
p. 104 Sepia-Skets (van Suster Sofia Izijedinowa)
p. 106 Trouportret (van Dokter Maria Z…)
p. 109 Paspoortfoto (van Max Teinert)

Joubert, Marlise. 2001. Lyfsange. Pretoria: Protea Boekhuis. 64pp.
p. 17 foto van ma (na ‘n foto)
p. 57 oorsprong (Gustave Courbet)

Joubert, Marlise. 2007. passies en passasies. Pretoria: Protea Boekhuis. 128pp.
p. 8 portrette van vroue

Kamfer, Ronelda S. 2010. In: Stander, Marie (Red.). Onse mense. Kaapstad: CTP Boekdrukkers.58pp.
p. 38 Thomas Daniel Granfield (na ‘n kunswerk van Marie Stander)

Klopper, Annie. 2010. In: Stander, Marie (Red.). Onse mense. Kaapstad: CTP Boekdrukkers.58pp.
p. 50 die blackberry en die duif Annie met die tarentaalveertjie (na ‘n kunswerk van Marie Stander)

Kombuis, Koos. 2010. In: Stander, Marie (Red.). Onse mense. Kaapstad: CTP Boekdrukkers.58pp.
p. 48 Pepsi en Mitta (na ‘n kunswerk van Marie Stander)

Krog, Antjie. 2000. Kleur kom nooit alleen nie. Kaapstad: Kwela. 104pp.
p. 52 kimo en kuuipo (Walter Battiss, 1976)
p. 53 The Image as Burden (Marlene Dumas, 1993)
p. 54 Hierarchy (Marlene Dumas, 1991)
p. 55 Genetiese Heimwee (Marlene Dumas, 1984
p. 56 Waiting for Meaning (Marlene Dumas, 1988)
p. 57 The Particularity of Nakdness (Marlene Dumas, 1987)
p. 59 The Artist and his Model (Pablo Picasso, No. 313 van 347 Reeks)

Laurie, Trienke. 2001. Uitroep. Kaapstad: Tafelberg.
p. nn Chagall (Marc Chagall)

Laurie, Trienke. 2010. In: Stander, Marie (Red.). Onse mense. Kaapstad: CTP Boekdrukkers.58pp.
p. 12 Chantelle gaan dans vanaand (na ‘n kunswerk van Marie Stander)

Louw N.P. van Wyk. 1981. Versamelde gedigte. Tafelberg / Human & Rousseau
p. 185 Ets: Selfportret van Rembrandt met hoed (Rembrandt Harmenszoon van Rijn)

Louw, W.E.G. 1988. Versamelde gedigte. Kaapstad: Tafelberg
p. 98 Hiëronimus in die woestyn (by ‘n skildery van Jeroen Bosch)
p. 123 Skildery (by ‘n skildery van Kelder)
pp. 159-165 Rembrandt-selfportret (Rembrandt Harmenszoon van Rijn)
pp. 166-169 Gevangenes (Michelangelo di Lodovico Buonarroti Simoni)
p. 171 Ou Chinese dame (by ‘n prent)
p. 187 Ses baaiers (Jean Welz)
pp. 190-191 Chinese Pagasus
p. 198 Triomf van die Dood (Pieter Brueghel)
pp. 199-211 Drieluik: Die tuin van aardse luste (by ‘n skildery van Jeroen Bosch)
p. 229 Kasteel die Goeie Hoop

Malan, Lucas. 1981. ‘n Bark vir die ontheemdes. Kaapstad: Tafelberg. 46pp.
p.33 Fetus-foto (na ‘n foto)
p.35 Seisoen in Auvers (Vincent van Gogh)

Malan, Lucas. 1985. Tydspoor. Kaapstad: Tafelberg. 55pp.
p. 27 Tête d’arlequin II (na ‘n skildery van Pablo Picasso, Johannesburgse Kunsmuseum)
p. 28 Kruisiging (Judith Mason)
p. 30 Lonely lady (Marilyn Monroe)
p. 36 Gallo moriente (na ‘n antieke Romeinse marmerkopie van ‘n verlore Hellenistiese bronsbeeld, Kapitolynse Museum, Rome)

Malan, Lucas. 1990. Kaartehuis. Pretoria: HAUM-Literêr. 57pp.
p. 31 Nevermore (Paul Gauguin)
p. 52 Ukhozi (na ‘n foto)

Malan, Lucas. 2002. Afstande. Pretoria: Protea Boekehuis.
p. nn Selfportret (Rembrandt Harmenszoon van Rijn)

Marais, Danie. 2010. In: Stander, Marie (Red.). Onse mense. Kaapstad: CTP Boekdrukkers.58pp.
p. 42 Lizzie is 16 (na ‘n kunswerk van Marie Stander)

Marais, Reneé. 2001. In: Müller, P. & De Jager, N. (samest.) 2001. Nuwe Stemme 2. Kaapstad: Tafelberg. 159pp.
p. 58-9 Nefertiti (na ‘n reliek in die Egiptiese Museum)
p. 64 Die soen (na die bekende standbeeld van Auguste Rodin)

Müller, Petra. 1977. Obool. Kaapstad: Tafelberg. 79pp.
p. 71 Piëta (Michelangelo di Lodovico Buonarroti Simoni)

Müller, Petra. 1979. Patria. Kaapstad: Tafelberg. 85p.
p. 58 michaelangelo (Michelangelo di Lodovico Buonarroti Simoni)

Müller, P. 1984. Liedere van land en see. Kaapstad: Tafelberg. 95pp.
p. 3 by die prent van ‘n houtmaker
p. 9 Argeologiese museum, Athene
p. 51 Waterskildery, Pompeij
p. 84 Aan ‘n etser

Müller, Petra. 1987. My plek se naam is waterval. Kaapstad: Tafelberg.
p. 23 Skildery van berglandskap
p. 134 Kalligrafie: Hemel en Aarde

Müller, Petra. 1997. Swerfgesange vir Susan en ander. Kaapstad: Tafelberg. 131pp.
p. 45-46 Rembrandt se model, in Vodderaperstraat (Rembrandt Harmenszoon van Rijn)
p. 109-110 Naftali Rudnitzki: foto van ‘n swerwer

Müller, Petra. 2002. Die aandag van jou oë: gedigte vir die liefde. Kaapstad: Tafelberg. 135pp.
p. 92 Vrou (Pablo Picasso)
p. 90 monet en die mied (Claude Monet)
p. 89 Chagall (Marc Chagall)
p. 68 Heilige Theodorus-ikoon

Naudé, Charl-Pierre. 2010. In: Stander, Marie (Red.). Onse mense. Kaapstad: CTP Boekdrukkers.58pp.
p. 46 Droë weerlig (na ‘n kunswerk van Marie Stander)

Olivier, Fanie. 1973. om alleen te reis. Kaapstad: Human & Rousseau. 60pp.
p. 44-5 ná die opera

Opperman, D. J. 1987. Versamelde poësie. Kaapstad: Tafelberg/ Human & Rousseau. 459pp.
p. 66 Vincent van Gogh
p. 166 Jeroen Bosch

Pelser, Chris. 1979. Uur van die aap. Johannesburg: Perskor. 59pp.
p. 15 Gesprek met ‘n standbeeld (van Paul Kruger)

Pelser, Chris. 1986. Afro-ditto. Kaapstad: Human & Rousseau. 48pp.
p.34 Drinkglas (Vincent van Gogh)
p.38 Hond in Pompeji (na gipsafgietsels in Pompeji)
p.39 Flucht (na ’n ets van Joh. Blatt, ‘Boesmans op volstruisjag’)

Pienaar, Hans. 2001. In: Müller, P. & De Jager, N. (samest.) 2001. Nuwe Stemme 2. Kaapstad: Tafelberg. 159pp.
p. nn Metro Chagall (n.a.v. ’n plakkaat)

Pienaar, Hans. 2002. Die taal van voëls: en ander gedigte. S.L.: Die skrywer. 92pp
p. 10 Metro Chagall (Marc Chagall)
p. 32 Afgaanse vinke (na ‘n foto van oorlaaide vragmotor met Afgane)
p. 40 Plat foto van ‘n vis (na ‘n foto)
p. 48 Die vrugteloosheid van wraak (na Francis Bacon se ‘Selfportret’, 1970)
p. 59 Brugbeeld
p. 64 Engel in die tuin

Pieterse, Henning. 1989. Alruin. Pretoria: HAUM-Literêr. 48pp.
p. 2 Van Gogh te Auvers (Vincent van Gogh)
p. 7 Windsbruid (na ‘n skildery van Oskar Kokoschka)
p. 9 Manatee
p. 26 Die versoeking van Antonius (na die skildery van Salvador Dali)

Pieterse, Henning. 2000. Die burg van hertog Bloubaard. Kaapstad: Tafelberg. 105pp
p. 23 Die rog (na ’n skildery van Ensor) (die Belgiese skilder, James Sidney Edouard Ensor)

Rall, Henk. 1976. Donker van mere. Kaapstad: Tafelberg. 53pp.
p. 25 die bul van Picasso (Pablo Picasso)

Rall, Henk. 1982. Proefskrif. Johannesburg: Perskor. 69pp.
p. 52 Kunsaanwins (James Coignard)

Rousseau, Ina. 1954. Die verlate tuin. Kaapstad: A.A. Balkema. 48pp.
p. 26 Pietá (Michelangelo di Lodovico Buonarroti Simoni)

Rousseau, Ina. 1984. Versamelde gedigte: 1954-1984. Kaapstad: Human & Rousseau. 208pp.
p. 58 Die beginner (na ‘n kindertekening)
p. 60 Michelangelo se bruid

Scheepers, Riana. 2010. In: Stander, Marie (Red.). Onse mense. Kaapstad: CTP Boekdrukkers.58pp.
p. 10 Annie met die tarentaalveertjie (na ‘n kunswerk van Marie Stander)

Schmidt, Casper. 1969. Adder om aarde. Kaapstad: Tafelberg. 50pp.
p. 43 Die venus van Willendorf (’n standbeeltjie van om en by 24000 B.C. in 1980 ontdek by ‘n paleolitiese opgrawing naby Willendorf)

Schmidt, Casper. 1982. Pelgrims in aspiek deel 1: 22 portretstudies en ‘n naspel 1972-1981. Johannesburg: Perskor. 47pp.
p.1 Rodin te Wellesley-Kollege: Wandelende man (Auguste Rodin)

Small, Adam. 1962.  Standpunte 44, 16(2), Desember.
p. 24 Opmerking (Marilyn Monroe)

Smit, Pieter. 1987. Witskrif. Kaapstad: Human & Rousseau. 51pp.
p. 17 grafskrif (”giza se monumente …” Toetankamen, sfinks, paleis van Zet)

Spies, Lina. 1998. Die skaduwee van die son. Kaapstad: Human & Rousseau.
p. nnn Pisces III (Michelangelo di Lodovico Buonarroti Simoni)

Spies, Lina. 2010. Die skyn van tuiskoms. Kaapstad: Human & Rousseau.
p. 34 Studie (Pablo Picasso) (Uit: Winterhawe, 1973)
p. 41 Vryspraak (Rembrandt Harmenszoon van Rijn) (Uit: Dagreis, 1976)
p. 52 Long day’s journey into light (Vincent van Gogh) (Uit: Dagreis, 1976)
p. 53 Rembrandt (Rembrandt Harmenszoon van Rijn) (Uit: Dagreis, 1976)
p. 83 Beslissing (Gian Lorenzo Bernini) (Uit: Van sjofar tot sjalom, 1987)
p. 111 Marilyn Monroe: Foto in goud (Foto deur Milton H. Greene) (Uit: Die skaduwee van die son, 1998)
p. 129 Ontmoeting in die Karoo (Johannes Vermeer: ‘Het meisje met de parel’, & ‘Het melkmeisje’) (Uit: Duskant die einders, 2004)
p. 130 Droomstad (Johannes Vermeer: ‘Gezicht op Delft’) (Uit: Duskant die einders, 2004)
p. 131 Wyding (Johannes Vermeer: ‘Het straatje’) (Uit: Duskant die einders, 2004)
p. 132 In die naam van die meester (Johannes Vermeer & Han van Meegeren: ‘De Emmaüsgangers’) (Uit: Duskant die einders, 2004)
p. 133 Verbintenis (Gerard van Honthorst: ‘De koppelaarster’) (Uit: Duskant die einders, 2004)
p. 134 Teleskopies (Vincent van Gogh) (Uit: Duskant die einders, 2004)

Stockenström, Wilma. 1976. Van vergetelheid en van glans. Kaapstad: Human & Rousseau. 55p.
p. 16 Standbeeld van ‘n leeu
p. 18 Standbeeld van ‘n perd
p. 19 Boerebeeldjie
p. 47 Die eland (n.a.v. boesman rotskuns)

Stander, Carina. 2010. In: Stander, Marie (Red.). Onse mense. Kaapstad: CTP Boekdrukkers.58pp.
p. 28 Seënwens vir Sherryne Willemse  (na ‘n kunswerk van Marie Stander)

Steinmair, Deborah. 2010. In: Stander, Marie (Red.). Onse mense. Kaapstad: CTP Boekdrukkers.58pp.
p. 30 Myrtle en my (na ‘n kunswerk van Marie Stander)

Swanepoel, Jan. 1975. My Rome brand so mooi. Kaapstad: Tafelberg. 58pp.
pp. 21-5 Die gebreekte ruit: ‘n verhaal vir rené magritte (René Magritte)
p. 47 Woorde by Vincent (Vincent van Gogh)
p. 51 Vincent (Vincent van Gogh)

Swanepoel, Jan. 1988. By wyse van skrywe. Kaapstad: Human & Rousseau. 60pp.
p. 18 Vrou (na die lyntekening op die omslag van Verwikkelde lyn deur Sheila Cussons)
p. 23 Mémoire: vir René Magritte, weer eens
p. 52 Die kreet (na ‘n swart-wit afdruk van die skildery van Edvard Munch)

Swart, T.E. 2004. blou desember. Kaapstad: Cloverville. 79pp.
p. 41 naweek (na Jeanne Fick se blommeverkoper)
p. 42 dali se huisdroom (Salvador Dali)

Toerien, Barend J. 1983. Aanvange. Verskeuse 1938-1962. Kaapstad: Tafelberg.
p. 44 Grot naby Winterhoek (San rotskuns)
p. 52 Twee skilderye I Naakte vrou wat die trappe afkom - Duchamp (Marcel Duchamp)
p. 52 Twee skilderye II Olympia van die Louvre – Manet (Éduard Manet)

Van Bruggen, J.R.L. 1925. Gedigte. Pretoria: J.L. van Schaik.
p. 50 Die beeld van Oom Paul

Van den Heever, Toon. 1961. Eugene en ander gedigte.  Pretoria: J.L. van Schaik. (Vyfde druk)
p. 11 Aan Pierneef
p. 21 Die beeld van Oom Paul

Van der Merwe, Daan. (ps. van Daniel Hugo). 1981. Saad uit die septer. P.J. de Villiers, Bloemfontein.
p. 27 Rembrandt aan Saskia (Rembrandt Harmenszoon van Rijn)
p. 51 Rembrandt verbrand sy kwas (Rembrandt Harmenszoon van Rijn)

Van Heerden, Ernst. Koraal van die dood. Kaapstad: A.A. Balkema. 36pp.
p. 30 Maggie Laubser

Van Heerden, Ernst. 1972. Teenstrydige liedere. Kaapstad: Tafelberg. 65pp.
p. 4 Geskilderde tuin: Vir Enslin du Plessis
p. 32 Surrealisties: Vir Alexis Preller

Van Heerden, Ernst. 1982. Kanse op ‘n wrak. (Bevat die bibliofiele uitgawe Die ysterwoud, 1976) Kaapstad: Tafelberg. 78pp.
p. 42 Skildersateljee (mag moontlik na bepaalde skildery van Anadyomene verwys)

Van Niekerk, Marlene. 1983. Groenstaar. Kaapstad: Human & Rousseau. 69pp.
p. 29 piet mondriaan i
p. 30 piet mondriaan ii
p. 66 ampsfoto strelitzia augusta (na ‘n foto)

Van Rooyen, Piet. 2002. Goedsmoeds. Pretoria: Protea Boekhuis. 56pp.
p. 25 Herero-vroue

Van Staden, Ilse. 2003. Watervlerk. Kaapstad: Tafelberg. 60pp.
p. 57 Dromer II (na ‘n skildery van Marcella de Boom)
p. 51 ‘n Blinde luister (na ‘n Miró-skildery)

Van Wyk, Johan. 1976. Deur die oog van die luiperd. Kaapstad: Human & Rousseau. 86pp.
p. 7-8 hieronymus bosch se koringwa (Hiëronymus Bosch)
p. 50 XXVIII. Vir Francis Bacon
p. 80 XLVII. die Dube-trein kom deur Soweto-rook (na ‘n foto Harry (?) Dugmore)

Van Wyk, Johan. 1978. Heldedade kom nie dikwels voor nie. Johannesburg: Perskor. 48pp.
p. 9-10 Hoe ydel die ontsterflikheid
p. 11 Maria Magdalena (na die skildery van Titiaan, vir die hertog van Urbino)
p. 12 Don Sebastián de Morra (na ‘n skildery van Velázquez)
p. 13 Die dood van Marat (na ‘n skildery van Jacques-Louis David)
p. 14 Napoleon in sy studeerkamer (na ‘n skildery van Jacques-Louis David)
p. 15 Monsieur Bertin (na ‘n skildery van Jean-Auguste-Dominique Ingres)
p. 16 Onthoofde (na ‘n skildery van Théodore Géricault)
p. 17 Die pêrel in die branders (na Jules Antoine Castagnary se lesing van 1863)
p. 18 Monnik by die see (na ‘n skildery van Caspar David Friederich)
p. 19 Olympia (na ‘n skildery van Édouard Manet)
p. 20 Perspektief: Die balkon van Manet (na ‘n skildery van René Margritte)
p. 21 Die vuurhoutjieverkopertjie (na ‘n skildery van Otto Dix)
p. 22 Meisie in die ateljee (na ‘n skildery van Felice Casorati)
p. 23 Op loop gegaan (Paul Klee)
p. 24 Die kermis (na ‘Vanity Fair’ deur Henri Koerner)
p. 25 Die voyeur (Francis Bacon / Vincent van Gogh)
p. 26 Die eleketriese stoel (na ‘n werk van Andy Warhol)
p. 27 Portrait of an artist, pool with two figures (na ‘n skildery van David Hockney)
p. 28-29 Boesmans teken pylskerp (kunsteoreties van boesmankuns tot Wesselman)

Van Wyk, J. 1981. Bome gaan dood om jou. Kaapstad: Human & Rousseau. 45pp.
p. 15 Mes in my kop (n.a.v. die film Messer im Kopf van R. Hauff)
p. 22 Hiëronymus Bosch
p. 24 Marx en Mao (n.a.v. Jean-Luc Godard se La Chinoise)

Van Wyk, J. 1996. Oë in ‘n kas. Kaapstad: Human & Rousseau.
p. 13 Die nimf (n.a.v. iets uit die Rococo)

Venter, de Waal. 1965. Kiem. Kaapstad: Nasionale Boekhandel. 42pp.
p. 34 Koue hart (na ‘Harlekyn’ van Pablo Picasso)
p. 28 Ceci Cecily se Crustacceae (na ‘n skildery van Cecily Sash)
p. 12 Lied vroeg in die môre (by ‘n skildery van Lorenzetci)

Venter, de Waal. 1966. In: Stenvert, M., Venter, P.A. de W. & Botes, D.P.M. 1966. Klawer. Kaapstad: HAUM.
p. 34 Hemel (by ‘n skildery van Mervyn Woodrow)

Vos, Cas. 1991. Vuurtong. Clubview: Benedic Boeke. 66pp.
pp. 19-20 Jean Welz, 1962, 1949
p. 19 1. Baaiers
p. 20 2. Aphrodite
pp. 13-18 In die Van Gogh-museum (Vincent van Gogh)
p. 13 1. Die saaier: Arles, 1888 (Vincent van Gogh)
p. 14 2. Die aartappeleters: Nuenen, Mei 1885 (Vincent van Gogh)
p. 15 3. Caféterras in die nag: Arles, September 1888 (Vincent van Gogh)
p. 16 4. Sipresse en twee vroue: Saint-Rémy, 1889 (Vincent van Gogh)
p. 17 5. portret van ‘n jongmeisie: Parys, 1886-1888 (Vincent van Gogh)
p. 18 6. Die opwekking van Lasarus: Mei 1890 (Vincent van Gogh)

Vos, Cas. 2001. Gode van papier. Pretoria: Protea Boekhuis. 64p.
p. 37 Stillewe met Bybel en kers: Vincent van Gogh, Nuenen, Oktober 1885 (Vincent van Gogh)

Vos, Cas. 2003. Enkeldiep. Pretoria: Protea Boekhuis. 68p.
p. 14 Goed en kwaad (na Bettie Cilliers-Barnard se ‘The weel of life’, 2000)

Vos, Cas. 2009. Intieme afwesige. Pretoria: Protea Boekhuis. 106pp.
p. 19 Die wingerde van Arles (Vincent van Gogh)
p. 20 Misinterpreted (na ‘n skildery van Marlene Dumas)
p. 21 Verblind (of ’n oog vir liefde) (na ’Male beauty’, 2002 van Marlene Dumas)
p. 22 Martha (na ‘n skildery van Marlene Dumas)
p. 23 lewe en dood. measuring your own grave (na ‘n skildery van Marlene Dumas)
p. 24 Kate Moss. Naked Portrait, 2002 (na die skildery van Lucian Freud)
p. 32 Simson. Simson verblind deur die Fillistyne (na skildery in die Louvre, toegeskryf aan Gerard Hoet)
p. 33 Il Gigante (na die Dawid standbeeld deur Michelangelo di Lodovico Buonarroti Simoni)
p. 80 kersrook. smoke drawing (na ‘n skildery van Diane Victor)
p. 81 voor ek vergeet. smoke drawing (na ‘n skildery van Diane Victor)

Wessels, Everwyn. 1978. Asiel. Kaapstad: Tafelberg.
p. 48 Namib I (Vir Adolph Jentsch)

Wessels, Everwyn. 1988. Afsydige woestyn. Pretoria: Perskor.
p. 42 Withings van die Namib (Adolph Jentsch)
p. 58 Thomas in die varkhok (Hollandse skildery, 17de eeu)
p. 63 Masbiekervrou (Maggie Laubscher)

Winterbach, D. 1993. Die oranje boek. Groenkloof: Hond. 61pp.
p. 36-39 Hulde aan Goya (Francisco Goya)

Weideman, G. 1977. Hoera Hoera die Ysman (1970-1976). Johannesburg: Perskor.
p. 23 By die dood van Amos die Swartman wat wou vlieg

Weideman, G. 1987. Uit hierdie grys verblyf. Kaapstad: Tafelberg. 78pp.
p. 71 By ‘n standbeeld van Bejemark ter ere van rioolwerkers, Stockholm