Jorge Luis Borges
Limiete
Jorge Luis Borges
Daar is ’n reël van Verlaine wat ek nooit weer sal onthou,
daar is ’n nabygeleë straat verbode vir my voetval,
daar is ’n spieël wat my vir die laaste keer aanskou het,
daar is ’n deur wat ek toegemaak het tot die einde van die
wêreld.
Tussen die boeke in my biblioteek (ek kyk nou na hulle)
is party wat ek nooit weer sal oopmaak nie.
Hierdie somer sal ek vyftig wees.
Dood verbruik my, sonder ophou.
[Vertaal
deur Johann de Lange]