Sunday, November 18, 2012

Hans Warren - 'n Seepbel

Hans Warren


’n Seepbel
Hans Warren

3.
Jy wis wat jy doen toe jy vir my glimlag,
jy was nuuskierig, en mooi,
jy kon nouliks weet hóé mooi vir my
wat nou eenmaal grieks is.

En jy met die vreemde grasie
van al vyf en twintig jaar, en tog nog
’n donker efebe, met wyse oë
weggedros uit Patmos.

Daar was geen woorde nodig
om mekaar verder uit die tent te lok nie.
Jy het gebuig soos ’n slaaf, ek het geneig soos ’n meester,
dit was ál verskil met vroeër.

En toe, na ’n knipoog, nogal tong-in-die-kies,
was ons in die antieke wêreld
van gelykheid – alleen
toe ons lippe gedreig het om te ontmoet
het vier en twintig eeue weggeval
en ’n skaduwee van verdriet het nader gegly.

[Vertaal deur Johann de Lange]