Friday, July 13, 2012

Kerry Ryan - heeldag

Kerry Ryan


heeldag
Kerry Ryan

ek wag heeldag
vir hierdie tien minute
wakker in ons bed,
jou kruisement-asem,
leksel van donker
oor my ooglede,
en die klein klik-
geluide van jou bril
as jy dit toevou
en op die bedkassie neersit

[Uit: The Sleeping Life]
[Vertaal deur Johann de Lange]