Tuesday, July 3, 2012

Ciarán Carson - Veldtog



Veldtog
Ciarán Carson

Hulle het hom ure lank ondervra. Presies wié hy was? En toe
Hy hulle sê, het hulle hom wéér ondervra. Toe hulle aanvaar het hy is wie hy sê,
Iemand wat onbetrokke is, het hulle sy vingernaels uitgetrek. Hom toe
Na ’n afvalhoop iewers naby die Perdehoef Draai gevat, en hom vertel
Wát hy was. Hulle het hom nege keer geskiet.

’n Swart naelstring van rook het opgestyg van ’n hoop buitebande wat brand.
Die slegte reuk wat hy geruik het was sy eie. Gebreekte glas en toegeknoopte kondome.
Die kneukels van ’n gesig in ’n nylonkous. Ek het hom dikwels in die Gladstone kroeg gesien,
Waar hy bier geskink het vir besoekers, sy byna perfekte vingers gevlok met skuim.

[Vertaal deur Johann de Lange]