Tuesday, March 8, 2011

Papier-Skêr-Klip


Die debat rondom Media24 se voorgenome aanstelling van 'n über boekeredakteur duur voort. Plek-plek verskuif die fokus so bietjie, & dit begin vir my al hoe meer na die bekende troefspeletjie Paper-scizzors-rock lyk met deelnemers wat mekaar aanvat & probeer troef. Dit gaan nie oor die vasklou aan 'n medium waarvan die dae getel is nie, maar eerder oor die verlies aan die verskeidenheid van stemme & menings wat verlore sal gaan, die inperking van die gesprek. Nietemin, ook hierdie sydelingse gekibbel bring al fyner aspekte van die hoofargumente vír & téén die amalgamasie na vore.

'n Noodvergadering is belê vir gepubliseerde skrywers & ander belangstellendes & -hebbendes wat hierdie kwessie verder in 'n openbare forum & van aangesig tot aangesig wil uitpraat. Hier is die besonderhede:

WANNEER?    Saterdag, 12 Maart - 16:00 vir 16:30
WAAR?           Protea Boekwinkel, Andringastraat, Stellenbosch


Lees die jongste opinies op:

Litnet
Dawid van Lill: Wat sal ’n boikot tog regkry?
Paul C Venter: Die oplossing is eenvoudig
Crito: Ou probleem, nuwe konteks
Louise Viljoen: Die literêre aktiwiteit in die taal moet so dinamies en divers moontlik wees
Nicol Stassen: Die doodsklok vir die Afrikaanse letterkunde
Hans C ten Berge: Een ontoelaatbare verschraling
Laurens van Krevelen: Natuurlijk is het een teken van marginalisering van de literatuur in het publieke discours
Petrovna Metelerkamp: Mens kan net hoop
Om te boikot of nie? ’n E-posgesprek
Jeanette Ferreira: Dit is die resensent wat sy/haar geloofwaardigheid moet handhaaf

Versindaba
Dag 4 - Hoe nou verder
Nee vir ‘n Nasionale Boekeredakteur
Voorspel tot ‘n organisasie vir skrywers
Amanda Lourens: Die hekwagter van hekwagters

Hennie Aucamp - Protesteer terwyl kans nog bestaan [Die Burger]