Thursday, April 8, 2010

Die digteres as huisvrou


Antjie Krog (Fotograaf, keke keukelaar)(http://www.kekekeukelaar.nl/)

In die poësie van Antjie Krog, Elisabeth Eybers & Sylvia Plath word daar op verskillende wyses gekyk na die rol van die digter binne die raamwerk van vrou-wees, huisvrou-wees, ma-wees, & in al drie oeuvres word familiefigure opgevorder tot dig-materiaal.

Jeannine Dobbs skryf in “‘Viciousness in the Kitchen’: Sylvia Plath's Domestic Poetry”:

For Sylvia Plath, domesticity is an ultimate concern. Like Erica Jong, Tillie Olsen, Marge Piercy and many other contemporary women writers Plath frequently explores what it means to be a woman in terms of the traditional conflict between family and career. Plath's life and her writing are filled with anxiety and despair over her refusal to choose and instead to try to have — what most males consider their birthright — both. It is apparent from her life and letters that her commitment to writing was total and unwavering and that her commitment to domesticity, especially motherhood, was ambivalent. Paradoxically, it is out of her domestic relationships and experiences, which she came to feel were stifling, even killing her that the majority of her most powerful, most successful work was created.

In Otters in bronslaai (1981) is die vrou by uitstek versorger, huisvrou, moeder, sowel as seksuele wese. In “katfobia” (Krog 1981: 16) bely sy reeds dat sy, ánders as wat tradisioneel die geval is by kunstenaars (& by implikasie by ’n bekende katliefhebber soos mededigter Lina Spies aan wie die vers opgedra is), nié ’n katliefhebber is nie. Die digteres tree hier dus by voorbaat al as onkonvensionele skrywer/kunstenaar na vore.

In die “vyf horries van a.e. samuel (geb. krog)” – & let hier op die feit dat sy in die eerste plek a.e. samuel is, getroude vrou & moeder, & dán, tussen hakies, haar dignaam (antjie) krog, digteres – word die leser baie visueel & sintuiglik gekonfronteer met die lyflikheid van a.e. samuel, trouens, in Otters in bronslaai skryf Krog die lyf van die vrou oop in geen onsekere terme nie. Die digterlike beeld word hier aangewend om te onthul, eerder as om te verhul. In stede van mooi romantiese beelde, kom die leser geil, selfs skokkende beelding teen. Enkele voorbeelde:

my onderlyf word kittelklaar lam
speeksel tjank uit my borste
my baarmoeder herinner haar ’n klewerige roos
’n stengel helder maandelikse bloed
(“visioen van die sanger”, 21)

die lessenaar is warm en bloederig soos ’n pasgeslagte karkas
uit die laaie drup deurskynende sinoviale vog
(“visioen van ’n lessenaar”, 23)

met ’n skerp mes
kap ek jou haarlose tamaties op
so ook die fyngeplooide pietersielie
en die uierige naeltjie
die komkommer kraak kerfvars onder die lem
gemeng met sout, peper, speeksel en olie
geroer in semenwit mayonnaise
dien ek dit op
in die gladde koel blaarslaai van jou boude
(“slaai”, 29)

my ganske vel lê brosig gepluk
in die na-sleep van jou snawel
kropswaar kraak die eiers ryp...
(“sonnet”, 30)
ek hoef maar net om te draai
jou heupe peul my hande vol
en met elke ereksie
proe jou tong heeltemal anders
(“daarsonder”, 33)

In “oortyd-assosiasies II” kom ons meteens die digter teen: die seksuele wese wat begeer om die geliefde in woorde vas te vang:

ek wil so graag vannag my hand uitsteek na jou wang
my duim oor jou neus laat gly
laat sjuut oor jou mond en die bang
trilling in jou oë op papier laat bibber tot angels

hierdie vingers in sleutelbene grawe
hierdie tande oor harde tepels laat flikker
van die begeerte soos ’n tong
om weer met ’n woord jou kortasem te tower
(“oortyd-assosiasies II”, 34)

Maar dit is eers in “die skryfproses, as sonnet” dat die vrou as dígter na vore tree. In hierdie vers word egter ook krities gekyk na die patriargale tradisie van die poësie & hoe, onder die leiding van figure soos D.J. Opperman, die baldadigheid, die lyflikheid uit die poësie geweer is ten gunste van ’n meer intellektuele benadering.

Die skryfproses word hier beskryf in terme van die “seksdaad” sodat dit vir die spreker ontaard het in “’n slim-slim slimmer ritueel”. Teenoor die beheersing van die (patriargale) poëtiese tradisie stel sy haar meer “poëties baldadig(e)” benadering: om haar verse “rymloos en vormloos te laat uitrank” in “lote onbevange vers”, om die plek van die gewaagde, selfs “onverantwoordelik(e)” woord weer in ere te herstel.

Hoewel Krog se vers op géén manier as “vormloos” getipeer kan word nie, skryf sy ’n soort vers wat tradisionele digvorme & elemente soos rym & metrum vermy, breek sy los uit die inhibisie van Opperman se literêre laboratorium & die produkte daarvan, die “netjiese stellasies vers”.

In “by die geboorte van my kinders en die lees van Sylvia Plath” (Krog 1981: 36) skryf Krog oor haar kinders in dieselfde trant as wat die Amerikaanse digter Sylvia Plath dit gedoen het. Reeds so vroeg as 1960 in die vers “Stillborn” (Plath 1981: 142) vergelyk Plath haar verse met stilgebore babas – perfek in alle opsigte, maar sonder hartklop.

In 'n vers soos “Lesbos” (Plath 1981: 227) skryf Plath boeiend oor die aanspraak wat die alledaagse (soms banale) werklikheid op haar maak. Die kombuis word inderdaad die toneel waar die konflik tussen die kuns & huislike uitgespeel word, teater vir die ontwarring van die family romance:

Lesbos

Viciousness in the kitchen!
The potatoes hiss.
It is all Hollywood, windowless,
The fluorescent light wincing on and off like a terrible migraine,
Coy paper strips for doors —
Stage curtains, a widow's frizz.
And I, love, am a pathological liar,
And my child — look at her, face down on the floor,
Little unstrung puppet, kicking to disappear —
Why she is schizophrenic,
Her face is red and white, a panic,
You have stuck her kittens outside your window
In a sort of cement well
Where they crap and puke and cry and she can't hear.
You say you can't stand her,
The bastard's a girl.
You who have blown your tubes like a bad radio
Clear of voices and history, the staticky
Noise of the new.
You say I should drown the kittens. Their smell!
You say I should drown my girl.
She'll cut her throat at ten if she's mad at two.
The baby smiles, fat snail,
From the polished lozenges of orange linoleum.
You could eat him. He's a boy.
You say your husband is just no good to you.
His Jew-Mama guards his sweet sex like a pearl.
You have one baby, I have two.
I should sit on a rock off Cornwall and comb my hair.
I should wear tiger pants, I should have an affair.
We should meet in another life, we should meet in air,
Me and you.

Meanwhile there's a stink of fat and baby crap.
I'm doped and thick from my last sleeping pill.
The smog of cooking, the smog of hell
Floats our heads, two venemous opposites,
Our bones, our hair.
I call you Orphan, orphan. You are ill.
The sun gives you ulcers, the wind gives you T.B.
Once you were beautiful.
In New York, in Hollywood, the men said: 'Through?
Gee baby, you are rare.'
You acted, acted for the thrill.
The impotent husband slumps out for a coffee.
I try to keep him in,
An old pole for the lightning,
The acid baths, the skyfuls off of you.
He lumps it down the plastic cobbled hill,
Flogged trolley. The sparks are blue.
The blue sparks spill,
Splitting like quartz into a million bits.

O jewel! O valuable!
That night the moon
Dragged its blood bag, sick
Animal
Up over the harbor lights.
And then grew normal,
Hard and apart and white.
The scale-sheen on the sand scared me to death.
We kept picking up handfuls, loving it,
Working it like dough, a mulatto body,
The silk grits.
A dog picked up your doggy husband. He went on.

Now I am silent, hate
Up to my neck,
Thick, thick.
I do not speak.
I am packing the hard potatoes like good clothes,
I am packing the babies,
I am packing the sick cats.
O vase of acid,
It is love you are full of. You know who you hate.
He is hugging his ball and chain down by the gate
That opens to the sea
Where it drives in, white and black,
Then spews it back.
Every day you fill him with soul-stuff, like a pitcher.
You are so exhausted.
Your voice my ear-ring,
Flapping and sucking, blood-loving bat.
That is that. That is that.
You peer from the door,
Sad hag. 'Every woman's a whore.
I can't communicate.'

I see your cute décor
Close on you like the fist of a baby
Or an anemone, that sea
Sweetheart, that kleptomaniac.
I am still raw.
I say I may be back.
You know what lies are for.

Even in your Zen heaven we shan't meet.

(Plath 1981: 227)

In “Cut” (Plath 1981: 235) word ’n insident waar die spreker haar duim raaksny in plaas van ’n ui die vertrekpunt vir ’n fantastiese verbeeldingsvlug, & haal die huisvrou poësie uit die mees banale.

What a thrill —
My thumb instead of an onion.
The top quite gone
Except for a sort of hinge

Of skin,
A flap like a hat,
Dead white.
Then that red plush.

Little pilgrim,
The Indian's axed your scalp.

Krog se vers “familiefigure as beeldmateriaal”(1) (Krog 1981: 45) illustreer ook ’n sekere verskeurdheid: aan die een kant is daar die digter wat die vers skryf (wat ons besig is om te lees) & ’n aparte strofes aan elk van die drie kinders & haar man wy – strofes 2,3,4 & 6. Strofes 1, 5 & 7 handel oor die digter & die skryfdaad. In strofe 5 neem die koesterende instink van die moeder oor & in strofe 7 lees ons:

die pen kletter uit my hand
klad strofes 2, 3, 4, en 6
in my eie handskrif onherkenbaar
tot gemenebes

Ironies genoeg is dit dan die pen wat die familie ten slotte saambring “tot gemenebes”.
 
By Plath is die familieportrette dikwels grotesk, & die afloop van die verse byna sonder uitsondering negatief. Haar vrees vir die versmorende lewe as vrou & moeder, die potensiële inbraak wat dit op haar kreatiwiteit mag hê, het later plek gemaak vir ’n begeerte om getroud te wees, om kinders te hê, om op te gaan in die huislike. Dit was egter nooit ’n eenvoudige konflik nie, & sy het haar lewe lank tussen dié twee uiterstes beweeg.

At times, too, she felt that "children seem[ed] an impetus to [her serious] writing." But a resentment against them, against their demands on her time, their drain on her creativity, is evident too. Pleasure, resentment, guilt. Ambivalence. Plath's work suggests that the attempt to resolve these feelings failed. Her suicide may have been, to some degree, a final acting out of her belief in punishment, vengeance, of the self on the self, for this failure.

(Dobbs: 1977)

Dit is hierdie tweespalt – om beide die digterlike & huislike wêrelde te bewoon – wat die poësie van vrouedigters interessant maak. En elkeen vind ’n eie oplossing, ’n unieke balans. Waar Krog onomwonde haar familie eerste plaas & haar baie bewus is van haar seksualiteit & lyflikheid, sowel as haar rol as vrou & moeder, tref ons by Elisabeth Eybers ’n teenoorgestelde gesindheid aan: hier is dit die huisvrou wat lomp is terwyl die digteres vaardig is.

In “Digteres as huisvrou” (Eybers 1990: 401) beeld sy hierdie tweespalt ten beste uit:

Altyd ’n besem iewers teen ’n muur,
maaltye nooit op die gepaste uur.

Agendalose dae waardeur sy leeg,
Hardnekkig en skaars doelbewus beweeg.

Strykgoed wat moedeloos oor ’n stoelrug hang,
gebare sonder afloop of aanvang.

Ou briewe onbeantwoord, deurmekaar,
papiere en pille in één laai opgegaar.

Dankbaar om haar in jou groot hart te strek
en tog verknog aan haar klein skulpomtrek.

O ordenende teëvoeter, wees
gewaarsku, stuur haar liewer na haar lees.

Vergelyk hiermee Krog se vers “weer eens”:

ek kom weer eens nie uit met my budget nie
die suiker en die melkkoepons is op
langs my masjien lê stapels stukkende klere
spinnekoppe weef macramé teen die mure
my gesin grawe in leë koekblikke na iets om te eet
my baba het brandboudjies
my dogtertjie hakkel van een of ander tekort
my man byt op sy tande
stoot die koolbredie agteruit
en druk sy sigaret stadig in die bordjie dood...

hou jou by jou lees, sê ons grootste digteres
hoe de hel dóén mens dit?
ek weier om te eindig tussen wier en gras
          of kinderloos met ’n minnaar langs die see
of
          met die hertzogprys in ’n vreemde land
god- en grysverlate.

(Krog 1981: 38)

Die verskillende ingesteldhede van hierdie twee digters blyk nie slegs uit die inhoud van hierdie verse nie, maar ook onmiddellik uit die vorm: teenoor Eybers se netjiese rymende koeplette (“netjiese stellasies vers”) staan die rymlose (maar klankryke), chaotiese kosmos van Krog se gedig.

Dit is interessant dat beide digters verse oor hulle hande skryf, die ledemate wat in beide sfere betrokke is. Eybers skryf in “Sonnet” (Eybers 1990: 147) “My hande was van altyd af onpaar”, terwyl Krog in “familieresep” (Krog 1981: 37) haar eie onhandigheid in die huis stel teenoor haar ouma se behendigheid, & tot die slotsom kom:

dalk
omdat sy Shelley uit klein fluweelboekies gelees het
en Keats tussen haar voorslagresepte aangehaal het,
sou my maer verbroude hand
haar tog vandag plesier verskaf het.

Eybers skryf nie dikwels oor haar familie nie. Sy skryf wel ’n groot aantal verse rondom moederskap, die moeder-kind verhouding, & die huwelik as ongelyke spel. Maar haar uitbeelding van moederskap & die moeder-kind verhouding is baie digterlik, baie geromantiseerd. Vergelyk hiermee byvoorbeeld Krog se ontluisterende “selfportret” (Krog 1981: 47) waarin sy nie net die skryfproses ontromantiseer nie (“valslik probeer ek in ’n swoon ingaan / een of ander esoteriese beeld vasgryp”), maar ook die romantiese beeld van die digter debunk:

wat die spieël met die reëngedempte lig nie sê nie:
is dat sy smôrens skilfers op haar wenkbroue kry
hare uit haar neus moet knip
haar snor moet afhaal met room op die kruissteek bo-lip
onderkant die versteende swartkoppies op haar neus
die witkoppies op haar ken
dat haar tong agter aangepak en swart gebars is van rook en wyn
dat haar kiestande vaal gestop is
haar kliere al hoe strammer poësie uitknars

en dat sy snags al hoe asmatieser snork deur haar strot.

Vir Eybers is poësie egter die “magnificent obsession”, die allesoorheersende konstante in ’n wisselvallige, veranderlike & soms verraderlike wêreld. Wanneer sy wel oor haar familie skryf soos in “Tersiene” (Eybers 1990: 180), dan is dit op gans ander wyse as Krog of Plath, & word haar seun se haastige weggooi-reël die aanleiding tot ’n gedig:

Reeds oor die drumpel het my seun, wat hyg,
skool toe, van haastigheid, weer vasgesteek:
“Bestel dit tog vandag van die apteek — ”

Sy stem, nou skor dan skraal, het yl gestyg:
“die roulynolie vir my krieketkolf!”
“Onthou!” roep hy, maar hoe kan ek vergeet?

Eggo-deurtrek, al grom die honger wolf
van onvoltooide take, sing die kreet
om roulynolie vir my krieketkolf...

Vir Krog weer vorm haar familielede, sy inkluis, “die klassieke spotprent”, “karikature” (Krog 1981: 46).

In ’n vers soos “Die enkel taak” (Eybers 1990: 287) stel Eybers haar verbintenis met die woord teenoor haar predikantvader se verbintenis met die Woord, & kom tot die slotsom:

Verlate en bedroë
dien ek ook ’n soort suiwerheid, behoort
ek aan ’n wreder molog van die woord.

In teenstelling met Krog & Plath wat volledig in die huislike opgaan, voel Eybers haar al hoe meer ’n ontheemde:

Haar man het haar nie sonder rede ontslaan,
haar vader het gewag en later doodgegaan,
haar kinders volg elkeen sy eie baan,
daar is geen tuiste om na terug te gaan.

“Vermoedelik vatbaar vir bereddering”.
Gediplomeerde indelers noteer
“die nuweling spartel nog” — en gaan probeer.
Maar sy’t haar eie baaierd saamgebring.

(Eybers 1990: 294)

Dobbs sluit haar opstel oor Plath af met die volgende observasie:

It can never be known whether or not Plath chose (consciously or unconsciously) paths that would lead her deeper and deeper into a domestic labyrinth because she needed those subjects and those experiences and the emotions they stimulated in order to create her best work. Her letters reveal, however, that in the final weeks of her life, separated from her husband, writing the final stunning poems, she felt poetically released, "as if domesticity had choked me." Perhaps it is not stretching a point to say that choosing to die by sticking her head in a gas oven is a perfect symbolization of, and final statement on, that aspect of her experience.

(Dobbs 1977: 25)

Vir Eybers word poësie inderdaad soos sy dit stel in “Poësie” (1990: 379) “gestook: uit pyn en afstandneem, / uit liefde en ironie”. Krog, daarenteen, skaar haar by alle ma’s & hulle probleme, want

uit hierdie vrouens is nie eens kinders te maak nie
en godweet, ook nie poësie nie.

(“Poësie”, 41)


Voetnoot

1. Antjie Krog voltooi in 1983 haar MA-graad in Afrikaans aan die Universiteit van Pretoria. Die titel van haar verhandeling is Familiefigure in die poësie van DJ Opperman.


Bibliografie

Jeannine Dobbs. 1977. “‘Viciousness in the Kitchen’: Sylvia Plath's Domestic Poetry,” in Modern Language Studies, Vol. 7, No. 2, pp. 11-25.

Elisabeth Eybers. 1990. Versamelde gedigte. Kaapstad: Human & Rousseau/ Tafelberg.

Antjie Krog. 1981. Otters in bronslaai. Human & Rousseau, Kaapstad

(C) Johann de Lange, 2010