Hennie Aucamp, deur Alex Emsley
Hennie Aucamp (1934 - 2014)
I. Ewige flaneur
Vir jou
is elke dag steeds vol
soos die
wyd-oop kelke van lelies,
& uit
die vensters van kerke
sing die
lig sy evangelies.
By
Blouberg kom die wit reëls een-een aan,
die
soutige jambes vanmelee
wat die
jongmans wit vlerke
om hulle
enkels gee.
Die meeue
duikel bo die water,
opgehef
soos die palms
van
priesters
met
oggendpsalms.
Seepunt
se palmbome span boog
teen die
wind, & op ’n seemuur
verstrak
’n akkedis in sy skadu
tot
hiëroglief van die middaguur.
Op die
blou uur hunker jy van lig- na skemerkol,
op jou
lippe die gesoute asem van ’n kus
& in
jou binneoor eggo
die
domkerk van die nautilus.
II. Dagreis
In jou woonstel kom & gaan die
lig,
kantel van ruit na ruit,
maar jy’s nie langer op die son
gerig.
Die wind
se ape-spel
van blaar
na blaar bedaar,
& skadu’s ink die park tot
luiperdvel.
Met Rust-mijn-ziel
’n soet spesmaas,
het jy
ingekruip onder ’n grou kombers
& met
jouself gaan lepellê op langelaas.
© Johann de Lange