Ek hoor hulle noem lewe / die enigste toevlug. – Paul Celan
Warsaw, Poland [Photo by Narmi Michejda]
Dodesfuga
Paul Celan
Swart melk van dagbreek ons drink dit saans
ons drink dit in die middag & oggend ons drink dit saans
ons drink & ons drink
ons grawe ’n graf in die lug waar jy nie saamgedruk sal lê nie
’n Man bly in die huis hy speel met sy adders hy skryf
hy skryf as dit donker oor Duitsland jou goue hare Margareta
hy skryf dit & stap uit & die sterre skitter almal hy fluit sy honde hou naby hom
hy fluit sy Jode in rye laat hulle ’n graf grawe in die grond
hy beveel ons om te speel vir die dans
Swart melk van dagbreek ons drink jou saans
ons drink jou soggens & smiddags ons drink jou saans
ons drink & ons drink
’n Man bly in die huis hy speel met sy adders hy skryf
hy skryf as dit donker raak vir Duitsland jou goue hare Margareta
Jou asvaal hare Sulamite ons grawe ’n graf in die lug waar jy nie te saamgedruk sal lê nie
Hy skree grawe dieper in hierdie grond julle lot daar julle ander sing harder & maak musiek
Hy gryp die staf aan sy lyfband hy swaai dit sy oë is so blou
steek julle grawe dieper in julle lot daar julle ander speel verder vir die dans
Swart melk van dagbreek ons drink jou saans
ons drink jou smiddags & smorens ons drink jou saans
ons drink & ons drink
’n man woon in die huis jou goue hare Margareta
jou asvaal hare Sulamite hy speel met sy adders
***
Hy skree speel die dood mooier hierdie Dood is ’n meester uit Duitsland
hy skree skraap julle snare donkerder julle sal opstyg in die lug soos rook
dan sal julle ’n graf hê in die lug waar julle nie te saamgedruk sal lê nie
Swart melk van dagbreek ons drink jou saans
ons drink jou smorens & saans ons drink & ons drink
hierdie Dood is ’n Meester uit Duitsland sy oog dit is blou
hy skiet jou met koeëls van lood skiet jou noukeurig & getrou
’n man woon in die huis jou goue hare Margareta
hy laat sy honde los op ons gee ons ’n graf in die lug
hy speel met sy adders & dagdroom die Dood is ’n Meester uit Duitsland
jou goue hare Margareta
jou asvaal hare Sulamite
(Vert. deur Johann de Lange/na vert. van John Felstiner)
***
A poem, as a manifestation of language and thus essentially dialogue, can be a message in a bottle, sent out in the – not always greatly hopeful – belief that somewhere and sometime it could wash up on land, on heartland perhaps. Poems in this sense, too, are under way: they are making toward something. – Paul Celan