Saturday, November 24, 2012

Jorge Luis Borges - Limiete

Jorge Luis Borges


Limiete
Jorge Luis Borges

Daar is ’n reël van Verlaine wat ek nooit weer sal onthou,
daar is ’n nabygeleë straat verbode vir my voetval,
daar is ’n spieël wat my vir die laaste keer aanskou het,
daar is ’n deur wat ek toegemaak het tot die einde van die wêreld.
Tussen die boeke in my biblioteek (ek kyk nou na hulle)
is party wat ek nooit weer sal oopmaak nie.
Hierdie somer sal ek vyftig wees.
Dood verbruik my, sonder ophou.

[Vertaal deur Johann de Lange]