Monday, April 23, 2012

W. H. Auden - Daardie oog-op-die-teiken blik

W. H. Auden


Daardie oog-op-die-teiken blik
W. H. Auden

Jy hoef nie te sien wat iemand doen
om te weet of dit sy roeping is nie,

jy hoef maar net sy oë dop te hou:
’n sjef wat ’n sous voorberei, ’n sjirurg

wat ’n eerste insnyding maak,
’n klerk wat ’n laaibrief voltooi,

almal het daardie verrukte uitdrukking
van een wat homself in ’n taak verloor.

Hoe lieflik is dit,
daardie oog-op-die-teiken blik.

[Vertaal deur Johann de Lange]