Wednesday, February 22, 2012

Carol L. Gloo - Oomblik

Foto deur Leland Francisco

Oomblik
Carol L. Gloo

Die oomblik van my ma se dood
is ek besig om bevrore hoender af te spoel.
Geen visioen, geen skeur
van die tempelvoorhang, net
die sagte meegee van vleis.
Ek het haar vier dae gelede gesien.
Ek het gemeen sy is beter,
en die hospitaal het nie gebel nie,
so ek is pas terug
van ’n kerspartytjie op kantoor,
whisky op my asem
toe ek die foon antwoord.
En in ’n oomblik word ál my handelings
in die verlede onherroepelik.

[Vertaal deur Johann de Lange]