Donkermaan in die arms van die nuwemaan
Sonnet by donkermaan
Johann de Lange
Snags by donkermaan
lê ek ingebed in die onthou
van lywe & leegtes
& die leegtes van lywe
wat my gebede & beddens vul
my in trou & ontrou
vashou, of by die gloed
van ’n digterlike maan
met die brons beloftes
van bloed nogmaals kul:
julle laat ek een-een gaan
want my woorde lê beenwit
waar die lug te dun is vir liefde
& wyn tussen bedrywe verslaan
Johann de Lange