Sunday, January 30, 2011

Handlangers. ’n Blog vir die linkerhand

Slapende sater Bouchardon (Louvre)

Draadtrek, riemruk, tos, mielie-rol, of deesdae: wanking, edging, sounding, nutting, jerking off, spreading the baby batter, facials, bukake, cream pies, & self-snacking – elke streek het sy eie streke. Om Opperman effens aan te pas: die plek & die spelers mag wissel, maar die spel word in die tyd herhaal. Om die waarheid te sê, is riemruk ouer as die oudste van beroepe. Sedert Adam dit ontdek het (soos gesimboliseer deur die slang), het seuns & dogters, ma’s & pa’s, Ooms & Tannies, Oumas & Oupas, nonne & priesters, selfs bobbejane & dolfyne, nog nooit opgehou om na dié solitêre plesier terug te keer nie, ongestuit deur die huwelik of enige selibatêre voornemens.

Freud het heelwat gedoen om dit te probeer bevry van die vuur-&-swael retoriek, & voor te hou as natuurlike variasie in menslike seksuele gedrag. Dit is egter vandag nog steeds in sekere sosiaal-religieuse kontekste ’n sonde, & frases soos selfbevlekking, verspilling op barre grond, of geykte waninterpretasies van bybeltekste gedy steeds. To swallow, or not to swallow?

Ek onthou my eerste keer met 'n neef asof dit gister was, daardie gevoel van plesier & angs. Gelukkig herstel mens op daardie ouderdom baie gou & ’n tweede & derde keer het gevolg (oor & weer dié keer, want dis een van daardie rare vreugdes wat nóg lekkerder is om te gee as om te kry), net om weer daardie gevoel van beheer verloor, daardie “heer-, heer-, heerlike” oomblik, weer & weer te ervaar. Aaah, die volume, die afstand, die gradiënt, die instant reload van die jeug!

Dit behoort niemand te verras om in die letterkunde vele tekste te kry gewy aan die tema nie (ook in die sin van wyding): gedigte, kortverhale, selfs ’n roman soos Portnoy’s complaint – wat ’n plesierige leeservaring was dié nie, des te meer so omdat ek dit gelees het in ’n tyd toe die boek sélf ook verbode was & baie moeilik bekombaar (pun intended). En dan kom die ander kunsvorme ook nog by. Foto’s, sketse, skilderye, beeldhouwerk. En vele studies. Te veel om te onthou. Maar dis elke jongman se plig om hom weldeeglik van dié tradisie te vergewis & seker te maak dat hy goed daarin onderlê word.

Die volgende gedig deur Charles Ortleb het ek vertaal & in Wat sag is vergaan opgeneem. Dit gee ’n aweregse blik op die erotiek tussen seuns & die sluimerende geweld, die “militerotics” waarna hy in ’n ander vers verwys:

Party seuns
Charles Ortleb

Wanneer party seuns
jou vra om te dans
kan jy sien hoe onskuldig
hulle trille in hulle broeke hang.
Swengelend, soos hulle sê,
en dit roep op: perde, stalle, drank, hooi.

Party seuns knoop hulle hemde oop
en die skoonheid maak seer;
party seuns trek selfs uit
in oorvol kamers met Dylan aan.

Party seuns is boos.
Hulle lok ander seuns in diepsinnige bekentenisse in.
Hulle stort saam,
hulle eet saam blomme
en noem mekaar ramme.

Party seuns, weer, gaan vir seks soos ape en monsters en hulle pa's.
Hulle kry skrikwekkende ereksies.
Smegma-poele versamel langs hulle beddens.
Gebruikte kondome hoop op op hulle agtersitplekke
en dooie luise val uit hulle lendene
in kolle vaselien.

Die vleis van ruwe stegies hang in hulle onderklere.
Die soort vleis wat jy pluk uit die broeke van rampokkers.
Die vleis in sy Amerikaanse sap wat lê in Jeeps en B42's.
Ek bedoel die vleis
van alle soldate wat die hel uit die hemel uit sal bombardeer,
die vleis
van al daardie hoerskool-kadette
wat in die skemer masturbeer asof hulle ‘n 747 land.

Ek konsentreer hier uiteraard op die manlike variant omdat ek van die vroulike bedrywigheid net tweedehandse (ai, kyk net hoe is selfs die táál vol daarvan) kennis dra. Vrouens besondig hulle glo minder daaraan, maar ek betwyfel dit sterk – nie as ek luister na vriendinne nie. Die manlike variant is vir my net mooier omdat dit oop & bloot is, trots, selfs heroïes; terwyl masturbasie deur vroue & meisies ’n inwendige, meer diskrete, geheimsinniger aktiwiteit is. En dan is die manlike orgasme ook een van die mooiste dinge om te aanskou, iets waarvan ek nooit genoeg sal kan sien nie. Dit kan gul wees, energiek, of suinig, met ’n boog uitgeslinger, of soos ’n jampot wat oorkook. Dit is vir my die begin van álle beweging, ’n big bang in die kleine.

Ek is nie ’n size queen wanneer dit kom by die grootte van die voël nie (hoewel ’n groot voël iets primordiaals uitstraal), maar wanneer dit kom by cumshots, soos dit in die bedryf bekend staan (komskote in Afrikaans, of sponk?) dan is my leuse immer: the more the merrier. En dan moet dit ook skokwit wees & diktaai, & oordadig gul met daardie skerp reuk van vadoeke wat pas uit die bleik gehang word om droog te word. Niks van daardie dun, waterige offers nie.

Die een wat méér & verder & hoër skiet as die res, is die een wat my oog sal vang & like it or not, ook die meeste aandag sal trek by die plekke waar sulke plesiere in die ope bedryf kan word. Daar is shooters, & dan is daar super shooters of drenchers (bless them) wat op webwerwe soos xtube liefdevolle cumpilations maak van hulle eie of ander se cumshots met dramatiese soundtracks.

Daar is die waaghalse wat wank in hysbakke, busse, treine, huurmotors, hotelbalkonne, sypaadjies, openbare toilette, piskrippe of bankies in openbare parke, langs snelweë, of terwyl hulle bestuur. Daar is geen einde aan die smorgasbord van outoerotiek nie, & elke ou het sy eie manier van doen, ’n tegniek wat nommerpas is nét vir hom. Ek wil my verstout om te sê as dit by draadtrek kom, kan ek – sonder om die grense van my ingebore beskeidenheid te oorskry – sê dat ek meer daarvan weet as die gemiddelde man, gay of str8. Ek het darem in my leeftyd so 'n goeie klompie manne uitgehelp.

Wat my by hierdie mymery uitgebring het, is ’n gedig deur Andries Samuel, in sy skitterende, pas verskene debuut, wanpraktyk, & dit lui so:

styf

met my hande vryf ek my piel
op en af pluk ek dit aanhoudend
ek trek my draad –
ek trek dit uit en volg dit ín
ek pak my piel beet
soos ’n probleem
al skommelend
probeer dit uitkom

ek dink ek tos net lekker
maar angs groei uit my
soos ’n pielstyf –
ek gryp dit soos ’n dwaas
rem dit in plesier
al pols dit van verdriet
tap ek myself leeg
die bietjie ek wat nog oor is
spuit ek weg oor onvrugbare lappe

my handlangerende hande
my onpaar minnaars

Wat Andries se gedig besonders maak, is dat dit nie sonder meer net nóg ’n draadtrekgedig is nie, maar uitgroei tot beswering van eensaamheid & verdriet, ’n onvrugbare, onoplosbare probleem wat al “handlangerende” op die lappe kom.

’n Ander gedig wat baie bekend is in Afrikaans & weldeeglik gekanoniseer is, is Leon Strydom se voortreflike “John Williams, De Doelen”, ’n vers oor dié legendariese kitaarspeler waar die handbewegings van kitaarspel & die falliese aard van die instrument sélf ontgin word.

John Williams, De Doelen
Leon Strydom

naar welke verten mag hij zijn getogen

met madonnahande speel hy met die kind
snaarstyf tussen sy bene
hy aai die kind hy paai die kind
hy vryf die winde uit die kind

kwingkwang kwingkwang kwater
hier kom die krappie
hy soek water
kielie kielie kielie

en die kind vind dit mooi
hy ontdooi
hy kraai van plesier
hy tierelier
uit duime suig hy drome
hy lispel hy speel met sy tone

en o hy gee hart en hand
aan die kind wat vra om sy hand
hy streel die nek
warm druk hy op elke plek
onkel bonkel riebietjie stonkel
onkel bonkel knor
onker bonkel riebietjie konkel
onkel bonkel knor
maar die kind is vol draadwerk
hy pruttel en pruil
hy is sterk en onwennig
hy skop styf soos ’n stok
en hy huil

toe kwint hy hom
hy gee hom op sy bas
hy onthou hoe dit was
onkel bonkel riebietjie konkel
onkel bonkel onkel
god hy aai hom
en hy paai hom
hy streel die nek
die warmte van elke plek
dit lyk of hy gaan praat
goeie god hy trek sy draad

amo amas amat
daar kom die leraar met die lat
amamus amatis amant
my god my god dit brand

toe aan sy eie lewe
slaan hy die hand
en kyk waar hul hul ook begewe
die een hand ken die ander hand
hul voer die kind
hul dra die kind
hul skrik ligtelik
as hy hul op die vingers tik
handhandig en vingeralleen
onderleg hul hom in die taal van gebaar
lei hul hom in in
die kuns van lag liefhê en ween
en het kind ligt al te kijken maar
en tuurt in een denkbeginnen

In Afrikaans is draadtrekgedigte dunnerig op die grond, maar daar is genoeg, & dalk maak ek hulle bymekaar vir ’n volgende blog (enige voorstelle welkom). Dikwels moet mens gaan grawe tussen ongepubliseerde materiaal, want daar is nog steeds die opvatting dat erotiese skryfwerk iets van ’n abberasie is, ’n skuldige tydverdryf, iets wat nie ernstig bedoel is nie, net vir eie plesier, of vir dié van ’n handvol uitgesoekte vriende, soos byvoorbeeld Auden se bekende “The platonic blow”.

Ek ervaar al hierdie vooroordeel my hele skryfloopbaan, maar gelukkig is dit iets waaroor ek my nog nooit verknies het nie. Ek beskou nie my erotiese skryfwerk as minder, of minder belangrik as énigiets anders wat ek geskryf het nie. Nét van vriende verwag ek onvoorwaardelike aanvaarding, & ek hoop dat ek dit ook op my beurt géé. Van ander lesers & letterkundiges verwag ek nie dieselfde nie, & die áfmaak van die erotiese in artikels of resensies het my nog nooit ’n oomblik se slaap laat verloor nie.

As ek my gedagtes bietjie laat gaan, dan kom daar ’n paar verse by my op. Ek herinner my die volgende kortetjie deur Koos Prinsloo (in die trant van Ronnie Belcher) & hoop dat ek hom reg onthou:

Hy slat hom lat hy hyl,
ja, hy slat hom lat hy hyl,
maar al wat in sy hand oorbly,
is melkwit honnekwyl.

Of die volgende deur ’n mededigter wat vir die ander span speel – alhoewel as dit by riemruk kom, is ons almal in dieselfde span – & sélf ’n goeie corpus verse aan die lyflike toegewy het, ek verwys natuurlik na Daniel Hugo:

’n Lucifer in die lende

wat is veiliger as hierdie vuurhoutjie
wat byna dadelik vrek?
die trilling van gevaar
sit in jou vingers as jy hom trek

na ’n paar probeerslae
is daar ’n vlam
wat spetter, skiet en dan
blus met die reuk van swael

inderdaad: in jou hand
het jy die land
se veiligste vuurhoutjie

(1995: 41)

Daardie nat vonk stig inderdaad landswyd & dag & nag & op die onmoontlikste plekke sy brand & brandinge, soos die volgende koshuisherinnering van die uwe. En watter wonderlike geleenthede is seunskoshuise, oorslapery, of daardie wonderlike kerk- & voortrekkerkampe nie vir hande om onderling & -langs besig te raak nie!

Kamermaat

Ek’t hom spits-oog afgeloer
waar hy in die skemer woel,
skuldig soos die eerste mens

– want ons aarde het afgekoel.

Op die koshuisbed boktoon gestrek
het hy met wakker hand die koue
sintel weer tot kool wou wek.

Hoe het ons aarde nie afgekoel nie.

Van toe af wag ek al dat hy
oor die melkweg wat ons skei
die nat vonk weer laat spring

oor ons afgekoelde aarde.

(1991: 42)

In Nagsweet (1991), geskryf na ’n besoek aan New York waardeur ek vir altyd getransformeer is & waardeur ek baie van my Calvinistiese ballas ontslae kon raak, skryf ek uitvoerig oor my seksuele ervarings: die cruising, verkieslik op gevaarlike plekke (ek dink hier aan die opmerking van ’n bekende moffie wat op ’n keer gesê het hy weet nie hóéveel huwelike hy al in openbare toilette gered het nie!), & die leuen van heteroseksualiteit (elke moffie sal jou ’n hele paar stories kan vertel van str8 encounters, & str8 ouens, as hulle die bôls iewers vandaan kan haal, sou ’n hele paar van hulle éie kon vertel).

Ek het ook nog nooit soloseks gesien as ’n laaste uitweg vir wanneer mens nie die “real thing” op die lyf kan loop nie. Draadtrek is ’n unieke seksuele aktiwiteit met sy eie bevrediging, & álle mans, of hulle nou getroud, of in ’n verhouding is, maak nog steeds tyd vir daardie plesiertjie. En soos Woody Allen gesê het, dis ten minste seks met iemand waarvan jy hou, & dat jy nie altyd jou beste hoef te lyk nie.

Ent

Uit die haarblom van jou lyf
kom die stamper stu-orent:
tot barstens toe gereed gevryf
om my teen winter in te ent.

(1990: 41)

Surfer

Hy ry die kruin so lank hy kan.
Aangeleun teen die wind se kolf,
gebruinde bene styf gespan,
is hy die skuimpie op my golf.

(1991: 31)

As jong snotkop is ek betower deur die volgende vers deur N.P. van Wyk Louw, & alhoewel ek dit nie heeltemal kon verbaliseer nie, het ek instinktief aangevoel dat daar in Louw se vers met die vuur in die vingers van die brandstigter, & die brand wat uiteindelik “straal” kan word & “wit-goed” kan maak, iéts onheilig & plesierigs aan die gang is:

LXXV. Piromaan
N.P. van Wyk Louw

die vuur sit in my vingers
in die haartjies op my hand
en dans op elke vingernael
om los te kom, brand
te kan dra en straal te kan word
en óp te klim en áls wat hy
saam kan sleep, wit-goed te maak
tót hy sy eie maat kan vry

(1981: 281)

Dit het aanleiding gegee dat ek in Snel grys fantoom (1986) ’n antwoord geskryf het op Louw se vers waarin ek ’n persoonlike herinnering verbind het met die bekende assosiasie tussen brandstigting & masturbasie:

Piromaan
vir N.P. van Wyk Louw

In sy vingerpunte jeuk die
vuur, in sy senupunte die sug
na lig, om ’n vuur-
(houtjie te trek) teen papier,
tussen vingerpunte te vat
& vryf totdat die stokkie uit-
bars in vuur, wit spring
uit sy hand se donker nis
& gretig reik na gras & riet,
hout & mied, pisvlammetjie eers
& later siedend onversadigbaar.
Sy donker hand se nis. Kinders mag
nie speel met vuur, dié ont-
hou hy goed, dit lei
na bednatmaak, na lieg
& slae met die draadhanger
vroegoggend as die maan nog
’n stomp gekoude vingernael
in die koue lug hang:
die hitte wat ’n hete hand
om sy sitvlak vou, afvloei & tintel
tot in die wortel van sy geslag,
die sonderlinge vuur.
Dié onthou hy goed, pen in die hand,
die onheilige plesier
& die groot lus om te pie.
Hy trek sy draad & stort sy vuur.

(1986: 9)

In sy pragtige debuut, Hamburgers en hotdogs (1979), skryf E.W.S. Hammond in kort & bedrieglik eenvoudige gedigte oor die liefde & die lyf. Dit doen hy soms as die jaloerse minnaar wat wil hê wat hy nie kan kry nie, of soms speels ander uitvlugte vind vir sy frustrasie:

Herfs

Ek lê op my rug
en kyk na wolke
in ’n Maggie Laubser-lug.

Ek lê
op my bed en
rook ’n sigaret.

Ek luister na
Tino Rossie en speel
met met trossie.

(1979 :6)

In ’n vers soos die “Hengelaar” (1979: 17) gebeur iets soortgelyks wanneer hy vol hoop “sy lyn / met die sinker ver” ingooi, net om te eindig met iets “glibberigs in sy hand”.

Maar die lyf bly nie altyd jonk nie, & die kragte taan. Die ouer Hammond, wat toe al gevorderde diabetes gehad het, kon in Doodsteek van ’n diabeet (1995) ontluisterend skryf nie net oor die liggaamlike aftakeling & afvrot nie (in een vers skryf hy oor die verlies van sy voorvel vanweë die siekte), maar ook die wegkrimp van die fallus & die seksuele in sy bestaan, soos in die volgende vers:

Slak

Jy lê opgerol
in ’n skulphuis met
’n blink slymvlies.
    Skulphuis
    slymsluis
kom uit jou huis uit.

Jy slym uit na my
tot my voelers
om jou lyf gly.
    Skulphuis
    slymsluis
bly by my huis.

Jy rol terug
tot ’n opgerolde skulphuis
met ’n slymstreep
in my vuis.

(1995: 34)

In ’n sin voltooi die digter die kringloop & word draadtrek, wanneer die lyf & die verbeelding dit nog toelaat, wat dit ook in die jeug so moeiteloos kon doen: ’n vertroosting in die ouderdom.

Hoewel nie ’n draadtrekgedig nie, is Barend Toerien se gedig “Voël” uit Parte speel, ’n pragtige, parmantige portret van die hoofspeler in hierdie lyflike tydverdryf. Die liefdesverhouding van ’n man/seun met sy voël is sy eerste liefdesverhouding, & dis ook die enigste een wat ’n leeftyd lank hou:

Voël

Van kleins af altyd opstandig
met ’n kop van jou eie
het jy jou gang gegaan,
my laat bloos tot agter my ore
toe Juffrou my in onvoldoende kortbroek
onverwags vra om op te staan.

Eienaardige appendant, oor jou aard
help dit nie om na te dink nie;
jy’s oorgenoeg befreud, onbeskaamlike
onbetaamlike agterstevoor stert;
dog vir soveel (gedeelde) ekstase sê ek: dankie.
vleeslus word alleen gestil deur die liggaamlike,

al was jou rondtastinge, keer op keer
nooit alleenlik na die lyflike:
daardie tergende wolkskadu Liefde
het jy sonder ophou na gebéúr
en jou kop aanhou bly stamp, rou en disnis;
en met wie en waar is nobody’s business.

(1991: 21)

’n Herinnering bly my by. ’n Saterdagoggend in die Tuine. Ek & Sheila Cussons het ontbyt gehad & agterna al geselsende terug gestap na St. Martini Gardens, die woonstelblok regoorkant die kompanjiestuin waar sy toe gebly het. Dit was lank gelede, vroeë Negentigerjare. Ons het by ’n vywer stil gaan staan sodat haar been ’n ruskans kon kry & gekyk na die visse wat uit die groen water boontoe kom vir kos. Ek kan nie onthou waaroor ons gesels het nie, & hoe die gesprek spesifiek daardie rigting ingeslaan het nie, maar skielik het sy opgekyk na my, die son effens in haar oë sodat sy hulle moes skreef. “Het mans beheer oor hulle ereksies?” het sy gevra, “of gebeur dit onwillekeurig?” Ek was onkant gevang, maar gewoond aan haar ratse brein.
“If only,” het ek laggend geantwoord, “nee, daardie ding het ’n kop van sy eie.” Wat haar laat lag het.

“Ek weet nie wat al die fuss is oor pornografie,” sê sy na ’n ruk, toe ons verby die Sterrewag & naby die hek was. “Jy weet, ek het op ’n keer pornotydskrifte onder my seuns se matrasse gekry – hulle was nog jonk – maar ek het dit net so terug gesit & niks daaroor gesê nie. Mettertyd het hulle dit sélf uitgegooi.”
“Boys will be boys,” het ek geantwoord. “Bless them.”


Bronne

Johann de Lange. 1986. Snel grys fantoom, Human & Rousseau: Kaapstad
Johann de Lange. 1990. Wordende naak, Human & Rousseau: Kaapstad
Johann de Lange. 1991. Nagsweet, Taurus uitgewers
Johann de Lange. 1995. Wat sag is vergaan, Human & Rousseau: Kaapstad
E.W.S. Hammond. 1980. Hamburgers en hotdogs. Tafelberg Uitgewers
E.W.S. Hammond. 1995. Doodsteek van ’n diabeet. Tafelberg Uitgewers
Daniel Hugo. 1995. Monikkewerk, Tafelberg Uitgewers
N.P. van Wyk Louw. 1981. Versamelde gedigte, Human & Rousseau/Tafelberg
Andries Samuel. 2011. wanpraktyk, Human & Rousseau: Kaapstad
Leon Strydom. 1973. Geleentheidsverse, Human & Rousseau: Kaapstad
Barend Toerien. 1991. Parte speel, Human & Rousseau: Kaapstad

Friday, November 19, 2010

Abraham Sutzkever - Drie verse

Abraham Sutzkever


Ure
Abraham Sutzkever

Jy onthou toe jou ure
een vir een gebore is:
elke uur – ’n ander tint en lot.

Nou staan jy voor die ure, krom:
all die giwwe saamgemeng
deur ’n gek apteker.

In ’n vysel, in die donker,
meng hy blindelings en in haas:
yster, pêrels, kruie, narkotika,

al die Daar’s en al die Hier’s,
in een konkoksie wat oorweldig –
Hy laat jou drink vir ure.

***

Van myself na myself
Abraham Sutzkever

Hoe lank is die pad van myself na myself?
Soms ’n halwe oomblik,
dis al. Hier is heelheid. Maar ’n slang
op die pad tussen twee hekke.
En soms is sewe wêrelde, sewe winters lank
die korste pad van jouself na jouself.

***

uit Ekstases
Abraham Sutzkever

Toe ek met oë toe
’n gedig skryf, is my hand
meteens verbrand,
& toe ek weer begin
vanuit die swart vuur,
het die papier ’n naam
geadem soos ’n lelie: God.
Maar my pen, in ontsag & verwondering,
het die woord uitgekrap
& in die plek daarvan
’n bekender woord geskryf: Mens.

Sedertdien spook ’n ongehoorde stem
by my soos ’n onsigbare voël
wat pik, pik aan die deur van my siel:
– Het jy my vir dit verruil?


Vertaal deur Johann de Lange

Monday, November 8, 2010

Mutsuo Takahashi - Drie portrette

Mutsuo Takahashi



Portret van myself aan die begin
Mutsuo Takahashi

’n Jongman hurk om sy veters vas te maak
Hoe delikaat lyk sy agternek nie
Die vlees van sy skouers beweeg lui & sloom
& die twee dye wat opstaan uit sy lendene is jonk & rond
(Die man-tepel styf vasgedruk tussen lieste is blaspienk)
Die helder openhartige kykers van ’n stil jong dier
stip op die vingers wat die veters knoop
Maar die knopende vingers droom verdiep
van die gebied ’n entjie hoër op
van die fles van sy buik lenig soos dié van ’n honger wolf
waar hulle sal speel met sagsinnige Eros wat skuil in sy dun huid
wat nou sluimer in sy luisterryke sagte grasse
Die jongman staan op & begin loop heeltemal kaal
behalwe vir sy opgerygde stewels
Hy hou aan met loop & word oud
’n ou man wat sy gesig verhard & nooit terugkyk nie
Maar agter die ou man buk ’n jonge dikwels om sy veters vas te knoop
& staan op & begin loop
vir die soveelste keer.


[Vertaal deur Johann de Lange]



Portret van myself by ‘n loergat
Mutsuo Takahashi

Here, wanneer sal dit gebeur?
Hoe lank nog voor u besoek?
Ek kniel hier op die smadelike vloer, wagtend;
voor my prente van gevlerkte engele & heiliges.

In die middel van die muur & versier
met heilige inskripsies in silwer & goud
’n gloriegat: u stralende besoek –
het die tyd daarvoor nog nie gekom nie?

O dán sal ek voor U kniel,
koorsig my lippe oopmaak, droog & gebars van dors,
soos daardie skrikwekkende profeet gesê het,
& my mond vul met U.

U gewyde gulp sal gul oorvloei,
reën in my oopgesperde oë, my mond,
oor my kortgeskeerde kop met jong gryshare.

In u weergalose medelye sal ek, soos een verkrag,
my oë toemaak asof ek ly, & snak. . .
Wanneer sal dit gebeur? Hoe lank nog voor U kom?

Met dié woorde het die gesig soos ’n wynsak
waaruit die wyn gelek het in plooie teruggesak.
Met dié openbaring skaars verby,
nog knielend voor die toilet,

die muur bedek met banale graffiti,
het van die ander kant deur die gloriegat
in die middel van die muur
’n droë oog vurig teruggegluur.


[Vertaal deur Johann de Lange]



Myself met ’n motorfiets
Mutsuo Takahashi

Motorfiets, die rytuig van langhaar gode.
My god spog met ’n eikelvormige versierde kroon wat ons ’n valhelm noem,
steek sy bene met lang skene in asuurblou jeans
trek swaar stewels aan beslaan met baie goue klinknaels,
& snel deur die skemer van purper gode.
Juis nou, halfpad op die kliptrappe agter ’n teater, byvoorbeeld,
is my god in die middel van ’n bloedgeurende sameswerende gesprek met ander langhaar gode.
Hulle jeugdige sameswering is te stralend, te welriekend
vir my, wat aan die onderpunt van die strappe verbystap, om helder te onderskei.
Onder die trappe, is dit net die god se saal van staal wat straal soos ’n lewende ding.
Ek raak aan die motorfiets, veral die deel van die saal wat sopas vasgegom was aan die sitvlak van my god,
steeds die hitte van sy boude behou.
My god eet Kentucky fried chicken, drink Coca-Cola,
& uit die gleuf van sy lieflike boude die kleur van dagbreek werp hy stront.


[Vertaal deur Johann de Lange]

Sunday, November 7, 2010

James L. White - Liefde met myself



Wanneer ek dit doen, onthou ek hoe dit was met ons.
Dan onthou my hande ook,
en jy’s weer by my, net soos dit was.

Na werk sou jy inkom en
die TV afsit en op die rand van die bed gaan sit,
die vertrek vul met petrolreuk van jou werkklere,
probeer om my nie wakker te maak nie hoewel jy altyd het.
Ek sou stadig uitadem en sê,
‘Hi Jess, jy moeg beertjie?’
Jy sou sê nie te veel nie en my maag vryf,
nie jags vir my nie, net baie dierbaar,
en ek sou altyd ’n klein bietjie doodgaan
want jy het geruik na verbrande blare of bosrook.

Ons was so arm soos Job se kalkoen maar het ’n goeie lewe gehad —
kos, ’n paar goeie flieks, goeie dagga, baie gesels,
baie van jou en my wat in mekaar se velle probeer glip.

Wat ’n bedagsame geskenk is dié nie,
gemaak met my geheue, my voël en hande.

Soms word ek wakker en wonder of ek vir ons
moet koffie maak voor werk,
glo amper jy is weer hier, sien amper
jou werksbaadjie op die stoel.

Ek wonder of jy onthou wat
ons mekaar belowe het toe jy die werk gevat het in Laramie?
Ons manier van bymekaar bly.
Ons het belowe daar sou altyd tye wees
wanneer die lug absoluut helder is,
dat ons mekaar daardeur kon onthou.
Jy kon my onthou by my lessenaar
of en die deurnag restourante,
hoewel ons nooit sou bel of skryf nie.

Ek moet hier ophou Jess
Ek moet nou ophou.


[Vertaal deur Johann de Lange]

Sunday, October 31, 2010

Sheila Cussons. Eerste brief uit Barcelona

In om & by Maart/April van 1981 het ek genoeg moed bymekaar geskraap om vir die eerste keer 'n brief te skryf aan Sheila Cussons, iemand vir wie se werk ek sedert my skooljare groot bewondering gekoester het. Synde 'n ongekunstelde plaasseun uit die Waterberge & nie besonder lief vir Aardrykskunde nié, het ek die brief geadresseer na Barcelona, Italië. Tot haar groot vermaak. Die gevolg van my glips was egter dat sy in haar eerste brief pragtig skryf oor Barcelona.

In die jare daarna toe ons korrespondensie al goed gevestig was, het ek opgelet dat sy haar briewe geskryf het met dieselfde sorg & aandag as haar gedigte, & hoe die interpunksie gedryf word deur haar gedagteprosesse & -spronge, & andersom.









Sylvia Plath. Om die briewe te verbrand



Ek het ’n vuur gemaak; ek was moeg
Van die wit vuiste van ou
Briewe en hulle doodsroggel
Toe ek dit te na aan die vullismandjie waag.
Wat het hulle geweet wat ek nie geweet het nie?
Greintjie vir greintjie het hulle oopgerol
Sande waar ’n droom van helder water
Gegryns het soos ’n ontsnappingsmotor.
Ek is nie subtiel nie
Liefde, liefde, en wel, ek was moeg
Van kartondose die kleur van sement of ’n hondetrop
Wat sy haat inhou
Bot, onder ’n bende mans in rooi baadjies,
& die oë & datums van posstempels.

Hierdie vuur mag lek en vlei, maar dit is genadeloos:
’n Glaskas
Waarbinne ek my fingers steek hoewel
Hulle smelt en druip, aangesê word
Om niks aan te raak nie.
En hier is ’n einde aan skryf,
Die rats hakies wat buig en krimp en die glimlagge, die glimlagge
En ten minste sal dit nou ’n goeie plek wees, die solder,
Ten minste sal ek nie gespan word net onder die oppervlak nie,
Stom vis
Met een tin-oog,
Wat kyk vir glinsters,
En my Noordpool ry
Tussen hierdie wens en daardie wens.

Dus steek ek na die koolstofvoëls op my huisrok.
Hulle is mooier as my lyflose uil,
Hulle vertroos my –
Styg op en vlieg, maar verblind.
Hulle sal wegfladder, swart en glinsterend, hulle sal steenkoolengele wees
Maar hulle het niks om te sê nie behalwe enigiemand.
Ek het daarvoor gesorg.
Met die ent van ’n hark
Vlok ek papiere wat asemhaal soos mense,
Ek sprei hulle uit
Tussen die geel blaarslaaie en die Duitse kopkool
Gemoeid met sy vreemde blou drome
Gemoeid met ’n fetus.
En ’n naam met swart rande

Verlep teen my voet,
Kronkelende orchis
In ’n nes van haarwortels en verveling –
Bleek oë, kunsleer-keelgeluide!
Warm reën olie my hare, blus niks.
My are gloei soos bome.
Die honde verskeur ’n vos. Dis hoe dit is
’n Rooi skeur en ’n uitroep
Wat split van sy geskeurde sak en nie stop nie
Met daardie dooie oog
En die opgestopte uitdrukkinng, maar gaan voort
Om die lug te kleur,
En die deeltjies van die wolke, die blare, die water
Vertel wat onsterflikheid is. Dit is onsterflik.


[Vertaal deur Johann de Lange]

Tuesday, October 26, 2010

Ted Hughes - Laaste brief

Ted Hughes

Wat het daardie nag gebeur? Jou laaste nag.
Dubbel, trippel blootstelling
Oor alles. Laatmiddag, Vrydag,
Die laaste keer wat ek jou lewend gesien het.
Jy’t my brief aan jou verbrand, in die asbak,
Met daardie vreemde glimlag. Het ek jou plan in die wiele gery?
Het dit my vroeër verras as wat jy beplan het?
Het ek dit dit te stiptelik, te haastig beantwoord?
’n Uur later – jy sou weg gewees het
Waar ek jou nie sou kon opspoor nie.
Ek sou weggedraai het van jou geslote rooi deur
Wat niemand sou oopmaak nie
Steeds met jou brief in my hand,
’n weerlig wat sigself nie kon aard nie.
Dit sou elektroskokterapie gewees het
Vir my.
Herhaal oor en oor, die hele naweek,
Elke keer as ek dit gelees het, of daaraan gedink het.
Dit sou my brein omvorm het, en my lewe.
Die behandeling wat jy beplan het had meer tyd nodig.
Ek kan my nie indink
Hoe ek deur daardie naweek sou gekom het nie.
Ek kan my nie indink nie. Het jy dit als beplan?

Jou nota het my te vroeg bereik – dieselfde dag,
Vrydagmiddag, gepos in die oggend.
Die heersende duiwels het dit bespoedig.
Dit was nóg ’n strooitjie van teenspoed
Getrek teen jou deur die Poskantoor
En by jou las gevoeg. Ek het vinnig gestap,
Deur die sneeublou, Februarie, Londonse skemer.
Trane van verligting toe jy die deur oopgemaak het.
’n Bondel raaisels half opgelos. Vroegryp trane
Wat gefaal het om vir my te ontsluit, gefaal het om oor te dra
Wat hulle ware betekenis was. Maar wat het jy gesê
Oor die smeulende brokke van daardie brief
So sorgvuldig vernietig, so kalm,
Wat my jou laat gaan het, en jou gelos het
Om sy asse van jou planne af te blaas – van die asbak af
Waarteen jy sou leun sodat ek kon lees
Wat die dokter se foonnommer is.
My ontsnapping
Het so ’n vervolgde ding geword
Slaaploos, hopeloos, al sy drome uitgeput,
Wat net herower wil wees, net
Wil wegval uit sy eie lugleegte.
Twee dae van niks naloop. Twee gratis dae.
Twee dae in geen kalender, maar gesteel
Van geen wêreld.
Verby realiteit, gevoel, of naam.

My liefdeslewe het dit aangegryp. My verdoofde liefdeslewe
Met sy twee waansinnige naalde,
Wat elk sy eie roos borduur, deurboor en pluk
Aan hulle tapisserie, hulle bloederige tattoeërwerk
Iewers agter my naeltjie,
Trap in daardie moeras van verheerliking,
Twee dol naalde, wat hulle steke kriskras,
En uit my senuweedrade
Hulle kleure kies, my omwerk
Binne my eie vel, en elkeen die ánder omvorm
Met hulle self-karikature,

Hulle obsessiewe in en uit. Twee vrouens
Elk met haar naald.

Daardie nag
My dellarobbia Susan. Ek het beweeg
Met die omsigtigheid
Van ’n vlam in ’n smeltdraad. My hele furie
Was ’n versaakte poging om die ou aarde
Op te blaas waar skadu’s buig oor
My verraderlike spoor van as. Ek het genael
Van en van, gesig na agter, ’n film in trurat,
Na wat? Ons het Rugbystraat toe gegaan
Waar ek en jy begin het.
Waarom is ons soontoe? Van alle plekke
Waarom is ons soontoe. Verdorwenheid
In die kuns van ons lot
Het sy verfynings vir jou verstel, vir my
En vir Susan. Solitaire
Gespeel deur die Minotaurus van daardie doolhof
Het selfs Helena ingesluit, in die grondvloerwoonstel.
Jy het haar opgemerk – ’n meisie vir ’n storie.
Jy het haar nooit ontmoet. Min het haar ooit ontmoet,
Behalwe bo-oor die ore en rasende masker
Van haar wolfhond. Jy’t nie eens ’n glimps van haar gehad nie.
Jy het net terugedeins
Toe haar kranksinnige hond sy gewig
Teen haar deur gegooi het, toe ons deur die portaal glip;
En gehoor hoe dit stik aan grenslose Duitse haat.

Daardie Sondagaand het sy haar deur effens oopgemaak
Sy paar toegelate sentimeters.
Susan het die swart oë gegroet, die ongelukkige
Oorgewig, aantreklike gesig, wat uitgeloer het
Oor die kettinkie. Die deur het toegegaan.
Ons kon hoor hoe sy haar tronkbewaarder troos
Binne haar sel, sy hok, waar, dae later,
Sy haar verwoede kapo vergas het, en haarself.

Ek en Susan het daardie nag deurgebring
In ons huweliksbed. Ek het dit nie gesien
Sedert ons daarin gelê het op ons troudag nie.
Ek het haar nie na my eie bed gevat nie.
Ek het gemeen, met jou naweek verby,
Kon jy dalk verskyn het – ’n verrassingsbesoek.
Het jy verskyn, om aan my donker venster te klop?
Dus het ek by Susan gebly, weggekruip van jou,
In ons huweliksbed – dieselfde bed waaruit sy
Binne drie jaar verwyder sou word om te sterf
In dieselfde hospitaal waar, binne twaalf ure,
Ek jou dood sou vind.
Maandagoggend
Het ek haar by die werk afgelaai, in die middestad,
En toe my kar Noord van Eustonstraat parkeer
En teruggekeer na waar my telefoon gewag het.

Wat gebeur het daardie nag, binne jou ure,
Is so onkenbaar asof dit nooit gebeur het nie.
Watter opeenstapeling van jou ganse lewe,
Soos onbewuste inspanning, soos geboorte
Wat beur deur die membraan van elke stadige sekonde
In die volgende in, het gebeur
Net asof dit nie kon gebeur nie.
Asof dit nie besig was om te gebeur nie. Hoe dikwels
Het die telefoon gelui daar in my leë kamer,
Jy wat die gelui hoor in jou gehoorstuk –
Aan beide kante die vervagende herinnering
Van ’n telefoon wat lui, in die brein
Asof alreeds dood. Ek tel
Hoeveel keer jy telefoonhokkie toe gestap het
Aan die onderkant van St George-tuin.
Jy is daar telkens as ek kyk, pas gekoers
Uit Fitzroystraat, oorgesteek
Tussen die opgehoopte walle van vuil suiker.
In jou lang swart jas,
Met jou vlegsel opgedraai agter in jou nek
Loop jy onmagtig om te beweeg, of wakker te skrik, alreeds
Niemand wat stap
Stap met die relings langs onder Primroseheuwel
Na die telefoonhokkie wat nooit bereik kan word nie.
Voor middernag. Na middernag. Weer.
Weer. Weer. En, teen dagbreek, weer.

By watter posisie van die die wysters op my polshorlosie
Het jou laaste poging,
Alreeds onherroepelik verby
Waar ek dit sou kon hoor, die kussing
Op daardie leë bed geskud? ’n Laaste keer
Ligweg aan my boeke geraak, en my dokumente?
Toe ek daar aangekom het, was my telefoon aan die slaap.
Die kussing onskuldig. My kamer het geslaap,
Alreeds gevul met die sneeubeligte oggendlig.
Ek het my kaggel aangesteek. Ek het my manuskripte uitgehaal.
En ek het begin skryf toe die telefoon
Wakkergeskrik het, in ’n babbelende paniek,
En alles onthou. Dit het in my hand tot verhaal gekom.
Toe het ’n stem soos ’n gekose wapen
Of ’n uitgemete inspuiting,
Koel sy vier woorde afgevuur
Diep in my oor: ‘Jou vrou is dood.’


Eerste bladsy van die vroegste weergawe

[Vertaal deur Johann de Lange]