Wednesday, April 9, 2014

Hennie Aucamp Gedenkdiens


'n Gedenkdiens vir Hennie Aucamp word op 22 April by die Welgemeen-herehuis. Coenie de Villiers, Amanda Strydom, Elsabé Zietsman, Jannie du Toit & vriende kom byeen om groetwoorde te sê & sing vir 'n vriend, mentor, & geliefde Afrikaanse skrywer. 

Aandlied

Dood kom oor die bulte,
’n ou man in ’n kros,
en is hy in die leegte
moet ek my pen laat los
en eers ons padkos regkry
– die ou sal honger wees, gewis –
twee flessies duineheuning,
’n broodjie en ’n vis.


© Pieter Strauss