Friday, August 26, 2011

Ted Kooser - ‘n Digter lees voor








’n Digter lees voor
Ted Kooser

Eens op 'n tyd was jy jonk langs 'n rivier, van boom na boom,
met vaartbelynde vlerke en rooi skouers.
Jy het vir jouself gesing maar almal het na jou geluister.

Nou is jy ’n ou blou reier met geel oë
en ’n nek grys en taai soos 'n ratelslang.
Jy kraak jou boek oop langs sy rug, ’n gekloofde vis,
en kluif aan die netelige ribbes,
korrel met jou beter oog gefokus op die taak
van jou woorde verorber soos jy vorder.


[Vertaal deur Johann de Lange]