Sint Sebastiaan, Rubens
Die minnesang van Sint Sebastiaan
T. S. Eliot
Ek sal kom in 'n hemp van hare
Ek sal kom in 'n hemp van hare
Ek sal kom met 'n lamp in die nag
En sit aan die voet van jou
trappe;
Ek sal myself kasty tot ek bloei,
En na uur op uur van gebed
En geseling en genot
Tot my bloed die lamp omgewe
En glinster in die lig;
Ek sal opstaan jou neofiet
En die lig uitblus
Om te volg waar jy lei,
Te volg waar jou voete wit
Skyn in die donker na jou bed
En waar jou japon wit is
En teen jou japon jou gevlegte
hare.
Dan sal jy my inneem
Omdat ek weersinwekkend vir jou
is
Jy sal my inneem sonder skaamte
Want ek sal dood wees
En wanneer die oggend daag
Sal my kop tussen jou borste rus.
Ek sal kom met 'n handdoek in my
hand
En jou kop af tot onder my knieë
buig;
Jou ore krul terug op 'n sekere
manier
Soos niemand anders s’n ter
wêreld.
As die ganse wêreld wegsmelt in
die son,
Smelt of vries,
Sal ek onthou hoe jou ore
gekartel was.
Ek sal vir 'n oomblik huiwer
En die kurwe met my vinger volg
En jou kop onderkant my knieë –
Ek dink dat jy uiteindelik sal
verstaan.
Daar sal niks bly om te sê.
Jy sal my bemin omdat ek jou moes
verwurg
En om my berugtheid;
En ek sal jou nog méér bemin
omdat ek jou moes vermink
En omdat jy vir niemand langer
mooi is nie
Behalwe vir my.
Behalwe vir my.
[Vertaal
deur Johann de Lange]
Yukio Mishima as Sint Sebastiaan