Onderhoude

Sunday, October 30, 2011

C. S. Lewis - Raad aan jong skrywers



In een van die briewe opgeneem in C. S. Lewis' Letters to Children gee Lewis vyf riglyne aan sy jong lesers, maar dis raad wat énige skrywer gerus ter harte kan neem. Dit herinner my ook aan advies wat Hennie Aucamp iewers gee & wat my altyd bygebly het: laat helder denke altyd jou styl rig.

1. Always try to use the language so as to make quite clear what you mean and make sure your sentence couldn’t mean anything else.
2. Always prefer the plain direct word to the long, vague one. Don’t implement promises, but keep them.
3. Never use abstract nouns when concrete ones will do. If you mean “More people died” don’t say “Mortality rose.”
4. In writing. Don’t use adjectives which merely tell us how you want us to feel about the thing you are describing. I mean, instead of telling us a thing was “terrible,” describe it so that we’ll be terrified. Don’t say it was “delightful”; make us say “delightful” when we’ve read the description. You see, all those words (horrifying, wonderful, hideous, exquisite) are only like saying to your readers “Please will you do my job for me.”
5. Don’t use words too big for the subject. Don’t say “infinitely” when you mean “very”; otherwise you’ll have no word left when you want to talk about something really infinite.

Lyle Dorsett and Marjorie Lamp Mead (Samest.). 1996. C. S. Lewis’ Letters to Children. Scribner.

Saturday, October 22, 2011

Conrad Aiken - Preludes vir Memnon: LVI





Preludes vir Memnon
Conrad Aiken

LVI
Rimbaud & Verlaine, ’n kosbare digterspaar,
Beide geniaal (maar wat is genialiteit?) speel
Skaak op ’n marmertafel by ’n herberg
Met kastaiingbloeisels wat val in blonde bier
& op hulle hare en tussen die ridder & biskop –
Geblokte sonlig tussen hulle op die skaakbord
Vlieswolke in die hemel, & ’n gejil van musiek
Ingewaai van die leerbeslane deur van Sint Sulpice –

Bespreek, tussen skuiwe, jambe & spondee
Anakoloet & die oop vokaal
God die groot pou met sy pou-engele
& sy aanhanklike poue die blink sterre:
Ontken ook die noodlot soos Plato dit verkies het,
Of Sofokles, wat gehaat & bewonder het,
Of Sokrates, wat bemin het & geamuseerd was:

Verlaine sit sy pion neer op ’n blaar
& sluit sy lang oë, wat oneerlik was,
& sê “Rimbaud, daar is net een ding om te doen:
Ons moet retoriek vat & sy nek omdraai!...”
Rimbaud dink ernstig na, skuif sy Koningin;
& vat homself dan weg na Timboektoe

& Verlaine dood, – met al sy jaspis & ligperse;
& Rimbaud dood in Marseilles met ’n visie,
Sy been geamputeer, soos eens vantevore sy hart;
& alles gerapporteer deur ’n latere lakei,
Wie se deug sy laksheid met tyd was.

Laat ons die aand beskryf soos dit is: –
Die sterre geneë in die hemel soos hulle is:
Verlaine & Shakespeare verrot, waar hulle vrot,
Rimbaud onthou, & te gou al weer vergeet;

Orde in alle dinge, logika in die donker;
Orde in die atoom & die vonk;
Tyd in die hart & volgorde in die brein –

Hulle wat Rimbaud vernietig & Verlaine bedrieg het.
& laat ons godheid aan die nek beetkry –

En dit verwurg, & daarmee saam, retoriek.


[Vertaal deur Johann de Lange]